Algemeen | |
---|---|
Naam | Magnesiumsulfaat |
![]() |
![]() |
Chemiese formule | MgSO4 |
Molêre massa | 120,37 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7487-88-9[1] |
Voorkoms | kleurlose, wit vastestof[1] |
Reuk | Reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | 518,2 pm; 789,3 pm; 650,6 pm[2] |
Ruimtegroep | Cmcm |
Nommer | 63 |
Smeltpunt | 1124 °C[1] |
Kookpunt | ontbind |
Digtheid | γ 1,92 @ 20 °C[1] |
Oplosbaarheid | 260 [g/L] @ 20 °C[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Magnesiumsulfaat (of bittersout, Epsom se sout, Engelse sout) is 'n sout van magnesium en swawelsuur met formule MgSO4. Dit sout het heelparty hidrate. Die bekendste hidraat is die heptahidraat MgSO4.7H2O wat as die mineraal epsomiet gevind word.
Watervrye magnesiumsulfaat is higroskopies en word as droogmiddel gebruik. Die watervrye vorm is dus moeilik om akkuraat te weeg; die heptahidraat (epsomiet) word dikwels verkies om oplossings van 'n bepaalde konsentrasie te verkry.[3]
Watervrye magnesiumsulfaat kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur. Magnesiumatome word deur 'n oktaëder van suurstofatome omring. Die sulfaatione vorm 'n tetraëder.[4][2] Die watervrye struktuur vord gevorm as die hidrate tot ongeveer 300 °C verhit word. Die waterverlies gaan gewoonlik in 'n aantal stappe en dit is afhankelik van die hoeveelheid vog in die atmosfeer waaraan die stof is blootgestel en ook van kinetiese faktore. Daar is 'n aantal hidrate bekend, waarom sommige ook as minerale in die natuur aangetreft word:
By verhitting van epsomiet word heksahidriet maklik en omkeerbaar gevorm, maar by 'n verwarmingstempo van 1K/minuut ontstaan teen hoër temperature dikwels 'n amorfe stof, pleks van die laër hidrate. Dit hang nogtans ook van die teenwoordigheid van onsuiwerhede af. Organiese stowwe kan die proses van ontbinding en herkistallisasie vertraag. Navorsing op die gebied van hierdie hidrate het 'n hupstoot gekry uit die areologie, die studie van Mars, en die mane van Jupiter en Saturnus, waar dit ook as minerale kan voorkom. Daar is ook 'n industriële motivasie vir beter kontrole oor die kristallisasie prosesse omdat by vervoer van die kommersiële produk soms poeiers 'n koek vorm.[6]
Die wydverspreide Mg–S-assosiasie wat deur Viking, Pathfinder en die MER-rovers waargeneem is, dui daarop dat ook een of ander vorm van magnesiumsulfaat MgSO4·nH2O algemeen voorkom in gronde wat planeetwyd op Mars versprei is.[7] Die vrae oor van Mars se hidrologie het tot navorsing gelei oor die gedrag van magnesiumsulfaat se hidrate onder die omstandighede wat op Mars heers. Beide die temperatuur en die humiditeit van die planeet se atmosfeer is laag.
Odyssey het duidelik gemaak dat souterige neerslae op Mars ~30 gew.% sulfate kan bevat. Die Odyssey-wentelbaan het planeetwye kaarte van waterekwivalente waterstof verskaf. Dit het getoon dat naby die oppervlak waterstof verbasend volop is (9–11 gew.% H2O ekwivalent) in wydverspreide ekwatoriale streke waar waterys onstabiel is teen sublimasie. Southidrate soos magnesiumsulfaat s'n is waarskynlik die oorsaak. Navorsing hier op aarde het duidelik gemaak dat amorfe hidrate van magnesiumsulfaat maklik gevorm word en dat dit die verlies van water teenstaan. Hierdie hidrate is afhankelik van die geskiedenis van temperatuur, druk en humiditeit op Mars, maar ongelukkig kan dit moeilik bestudeer word deur monsters na die aarde saam te neem. Die metings sou op Mars self verrig moet word.
Van sommige hidrate is termodinamiese eienskappe bekend:[8]
Mineraal | ΔfHɵ298[9] | Sɵ298[10] | ΔfGɵ298[11] |
---|---|---|---|
Epsomiet | -3 388,7 [kJ/mol] | 371,3 [J/molK] | -2 871,0 [kJ/mol] |
Heksahidriet | -3 087,3 [kJ/mol] | 348,5 [J/molK] | -2 632,2 [kJ/mol] |
Starkeyiet | -2 496,1 [kJ/mol] | 259,9 [J/molK] | -2 153,8 [kJ/mol] |
Kieseriet | -1 611,5 [kJ/mol] | 126,0 [J/molK] | -1 437,9 [kJ/mol] |
Die gegewes wys dat epsomiet, heksahidriet en kieseriet gebiede in die temperatuur-humiditeitsruimte het waar hulle die stabiele fases is. Starkeyiet is metastabiel. Sanderiet en pentahidriet is dit dalk ook, maar die gegewes kort.
Dit beteken nie dat net hierdie drie stabiele fases op Mars of die ysmane van Jupiter of Saturnus verwag moet word nie. Navorsing wys dat die magnesium-water-stelsel taamlik kompleks is. Fases volhard ver buite hulle stabiliteitsgebiede omrede van stadige kinetika en daar word nog nuwe metastabiele fases ontdek.[12]
Magnesiumsulfaat kan deur magnesiet (magnesiumkarbonaat) in verdunde swaelsuur op te los:
Watervrye magnesiumsulfaat kan verkry word deur hierdie oplossing in te damp en die hidraat tot bo 300 °C te verhit.
Magnesiumsulfaat word, gewoonlik in sy epsomietvorm, op verskeie maniere aangewend:[6]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)