Stanford Makashule Gana (gebore 11 Augustus 1983 in Tzaneen) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en die hooforganiseerder van RISE Mzansi. Hy het voorheen as 'n lid van die Gauteng Provinsiale Wetgewer vir die opposisie Demokratiese Alliansie gedien. Tussen 2014 en 2016 was hy lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika, waar hy die Skaduminister van Menslike Nedersettings was. Gana het ook tot 2015 as die adjunk-federale voorsitter van die DA gedien.[1] Hy was voorheen leier van die DA-jeug en DA-raadslid in die Stad Johannesburg.[1] Hy besit 'n BSc-graad en is tans geregistreer vir 'n Nagraadse Diploma in Bestuur aan die Wits Besigheidskool.[2]
In Oktober 2019 het Gana sy kandidatuur verklaar om Mmusi Maimane as leier van die DA op te volg.[3] Hy het teen John Steenhuisen te staan gekom vir die pos.[4] Die verkiesing is op 17 November 2019 gehou,[5] maar Gana het verloor teen Steenhuisen.[6]
Hy het op 4 Augustus 2022 uit die DA bedank en ook as lid van die Gautengse Wetgewer.[7]
In April 2023 is Gana aangestel as nasionale organiseerder van die sosiaal-demokratiese politieke party RISE Mzansi, onder leiding van Songezo Zibi.[8]