City of Malibu | |||
Malibu se Stille Oseaan-kuslyn | |||
|
|||
Ligging in Los Angeles Country | |||
Land | Verenigde State van Amerika | ||
---|---|---|---|
Deelstaat | Kalifornië | ||
County | Los Angeles County | ||
Geïnkorporeer op | 28 Maart 1991 | ||
Regering | |||
- Burgemeester | Jefferson "Zuma Jay" Wagner | ||
Oppervlakte | |||
- Totaal | 51,354 km² (19,8 myl²) | ||
Bevolking (2010) | |||
- Totaal | 12 645 | ||
- Digtheid | 246/km² (637,1/myl²) | ||
ZIP code | 90263, 90264, 90265 | ||
Areakode(s) | 310, 424 | ||
Webwerf: malibucity.org |
Malibu [ˈmælɨbuː] (amptelik: City of Malibu) is 'n welgestelde stranddorp in die Los Angeles-distrik (Los Angeles County) van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië met 'n bevolking van 12 645 volgens die sensus van 2010. Dit is op 28 Maart 1991 geïnkorporeer en word geadministreer as 'n stad en munisipaliteit volgens algemene reg.[1] Branderplankryers en inwoners verwys na Malibu dikwels kort as the 'Bu.
Malibu bestaan uit 'n 34 km lange landstrook langs die Suid-Kaliforniese Stille Oseaankus. Die nedersetting word verbind met 'n warm klimaat, uitgestrekte sandstrande en talle Hollywood-rolprentsterre en ander bekende persoonlikhede uit die vermaaklikheidsbedryf wat hier hul strandwonings laat bou of gekoop het.
Die grootste deel van Malibu se bevolking woon aan weerskante van die Pacific Coast Highway (amptelik Kaliforniese Staatsroete 1 of California State Route 1) wat deur die nedersetting loop. 'n Kleiner persentasie inwoners word in wonings gehuisves wat tot een myl van die strand af in nou canyons ontstaan het. Die nedersetting word daarnaas begrens deur Topanga in die ooste, die Santa Monica-berge, Agoura Hills, Calabasas en Woodland Hills in die noorde, die Stille Oseaan in die suide, en die distrik Ventura County in die weste.
Laat in 2018 is sowat 650 woonhuise in die verwoestende Woolsey-brand vernietig.[2]