Mamphela Ramphele | |
---|---|
![]() Mamphela Ramphele in 2020 | |
Gebore | Mamphela Aletta Ramphele 28 Desember 1947 |
Nasionaliteit | ![]() |
Bekend vir | anti-apartheidsaktivis Voormalige direkteur van die Wêreldbank "Greatest South African" (55ste) |
Eggenoot | Steve Biko |
Kinders | Hlumelo Biko |
Mamphela Aletta Ramphele (* 28 Desember 1947 –) is 'n Suid-Afrikaanse voormalige anti-apartheidsaktivis, dokter, akademikus en suksesvolle besigheidsvrou. Sy was diep bevriend met Steve Biko, die vader van haar twee kinders. Ramphele is 'n voormalige adjunkkanselier van die Universiteit van Kaapstad, en vorige besturende direkteur by die Wêreldbank.[1]
In Februarie 2013 kondig sy aan dat sy 'n nuwe politieke party, Agang (Sotho vir "[Ons] bou saam"), sou stig; met die doel om die African National Congress (ANC) die geveg aan te sê.[2] Na ’n aantal skandale in die party, waaronder bedrog met die verdwyning van R13 miljoen en ander,[3][4] het Ramphele op 8 Julie 2014 haar uittrede uit partypolitiek aangekondig en gesê dat sy geslaag het in haar doel om ’n politieke voertuig op die been te bring vir diegene wat nie ’n politieke stem het nie.[5]
Op 28 Januarie 2014 is aangekondig dat Ramphele as die Demokratiese Alliansie se presidentskandidaat in die 2014 algemene verkiesing sal staan.[6]
Op 31 Januarie 2014 het Ramphele 'n verklaring uitgereik dat sy nie Demokratiese Alliansie-lidmaatskap sal aanvaar nie en Agang Suid-Afrika se leier sou bly, wat tot erge verwarring gelei het.[7] Op 2 Februarie 2014 sê Helen Zille dat Ramphele haar ooreenkoms om as die Demokratiese Alliansie se presidensiële kandidaat te staan, verloën het.[8] Ramphele het daarna om verskoning gevra vir haar besluit deur te sê dat die tydsberekening nie reg was nie. Sy reken die reaksie op haar besluit het bewys dat mense in Suid-Afrika nog nie ras-gebaseerde partypolitiek te bowe gekom het nie.[9]