Manketti | |
---|---|
Schinziophyton rautanenii | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Euphorbiaceae |
Subfamilie: | Crotonoideae |
Tribus: | Ricinodendreae |
Genus: | Schinziophyton Hutch. ex Radcl.-Sm. |
Spesie: | S. rautanenii
|
Binomiale naam | |
Schinziophyton rautanenii (Schinz) Radcl.-Sm., (1990)
| |
Sinonieme | |
|
Die Manketti (Schinziophyton rautanenii) is 'n groot, bladwisselende boom wat 6 – 15 m hoog kan raak. Dit het handvormige saamgestelde blare. Dit lyk baie soos 'n klein kremetartboom. Die neute is eetbaar en gesog. Hierdie boom se FSA-nommer is 337.[1][2] In Afrikaans staan die boom gewoonlik bekend as spikkelhout. Dit staan ook as die Transvaal-okkerneut bekend. Die Tswana-naam vir die boom is mokongwa.
Dit is die enigste spesie in die genus Schinziophyton wat dit 'n monotipiese genus maak.
Die boom kom voor op die Suid-Afrikaanse lys van beskermde bome.
Die boom kom in bosveld voor en is inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom dit in Limpopo voor.