Maputalandraasblaar | |
---|---|
Struik met groen vrugte in die Manie van der Schijff Botaniese Tuin | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. mkuzense
|
Binomiale naam | |
Combretum mkuzense J.D.Carr & Retief
|
Maputalandraasblaar (Combretum mkuzense J.D.Carr & Retief) is 'n bladwisselende struik of klein boom wat inheems is aan die oostelike kusvlakte van Suider-Afrika. Op die oog af kom dit baie met die Raasblaar ooreen.
Die verspreidingsgebied strek van die oostelike Lebombo-voetheuwels tot in die kuswoud van Maputaland, en dit is ook teenwoordig in aanliggende Mosambiek. Dit word daar byvoorbeeld in die Licuáti-reservaat aangetref.[1]
Die voorkomsgebied binne Suid-Afrika is 6 700 km² waar dit van 12 lokaliteite bekend is. Dit word aangetref in geslote boomveld en in sandwoud. Op die SANBI-rooilys word dit as byna bedreig (NT) gelys, weens ontbossing vir landbou en die insameling van brandhout.[2]