Marajó Inheemse naam: Ilha de Marajó | |
---|---|
Satellietbeeld van die Amesonedelta (wes) en die Rio Tocantins-monding (suid) met Marajó | |
Geografie
| |
Ligging | Tussen die Amesonedelta en die monding van die Rio Tocantins in Brasilië, Atlantiese Oseaan |
Koördinate | 0°59′S 49°35′W / 0.983°S 49.583°W |
Argipel | Marajó-argipel
|
Oppervlakte | 40 100 vk km |
Hoogste punt | Breves 40 m |
Administrasie | |
Brasilië | |
Deelstaat | Pará
|
Demografie | |
Bevolking | 250 000
|
Grootste eiland van Brasilië en grootste riviereiland ter wêreld |
Marajó (Portugees: Ilha de Marajó) is die grootste eiland van Brasilië en die grootste riviereiland ter wêreld. Dit is tussen die Amesonedelta in die weste en die monding van die Rio Tocantins in die suide net noordwes van die stad Belém in die noordooste van Brasilië geleë. In die noordooste grens die eiland aan die Atlantiese Oseaan. Die Marajó-eiland het 'n oppervlakte van 40 100 en 'n bevolking van 250 000 in 2010 gehad.