Marcin Knackfus

Die Universiteit van Vilnius se sterrewag is die oudste gebou in die Neoklassieke boustyl in Litaue
Kerk in Kurtuvėnai

Marcin Knackfus (Litaus Martynas Knakfusas, * voor 1742, † ná 1821) was 'n Pools-Litause argitek wat veral bekend staan vir sy talle Neoklassieke geboue in die Litause hoofstad Vilnius. Hieronder val die beroemde sterrewag (1782-1786), die binne-ontwerp van die Universiteit van Vilnius se hoofgeboue en 'n groot aantal openbare en privaat geboue.

Buite Vilnius het hy die kerkgeboue van Kurtuvėnai en Troškūnai in die laat Barok-styl ontwerp. Knackfus het daarnaas bekendheid verwerf as die leermeester van Laurynas Gucevičius, Litaue se befaamde Klassisistiese boumeester.