Maria Ramos

Maria Ramos
Maria Ramos tydens die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, 2010
Gebore
Maria da Conceição das Neves Calha Ramos

22 Februarie 1959
NasionaliteitPortugal, Suid-Afrika
BeroepVoorsitter van AngloGold Ashanti
Bekend virNasionale tesourie
Hoof van Transnet
Hoof van ABSA
Politieke partyANC
EggenootTrevor Manuel
KindersGeen

Maria Ramos is 'n Suid-Afrikaanse besigheidsvrou en openbare finansiële administrateur van Portugese herkoms. Sy is in 2008 met die Suid-Afrikaanse politikus Trevor Manuel getroud.

Lewensloop

[wysig | wysig bron]

Maria da Conceição das Neves Calha Ramos is op 22 Februarie 1959 in Lissabon in Portugal gebore.[1] Nadat haar ouers na Mosambiek en daarvan na Suid-Afrika geëmigreer het toe sy slegs 6 jaar oud was, het sy aanvanklik in die bankwese en toe ekonomie gestudeer en later ook die vak by die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit van die Witwatersrand gedoseer. Sy het 'n Baccalaureus Commercii in ekonomie aan die Universiteit van die Witwatersrand en 'n ​​meestersgraad in ekonomie van die Universiteit van Londen verwerf.

Sy was 'n lid van die ANC-span wat aan die fiskale aspekte van Suid-Afrika se Tussentydse Grondwet van 1993 gewerk het. Sy verwerf bekendheid in die middel tot laat 1990's as direkteur-generaal van Suid-Afrika se Nasionale Tesourie.

Sy word later as uitvoerende hoof van Transnet aangestel. In 2009 word sy die hoof uitvoerende beampte van die Absa-groep, een van Suid-Afrika se grootste finansiële dienstemaatskappye.

Fortune magazine het haar in 2009 as een van die top tien vroulike leiers ter wêreld aangewys.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ""Who's who of South Africa"". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2009. Besoek op 19 Julie 2012.
  2. "Ten global leaders", Fortune. Besoek op 27 September 2009.