Mariëtte Sonjaleen Bosch | ||
Gebore | 1950 | |
Oorlede | 31 Maart 2001 | |
Rede vir dood | Eksekusie deur hang | |
Land | Botswana | |
Misdaadbesonderhede | ||
Plek | Gaborone | |
Slagoffers | 1 |
Mariëtte Sonjaleen Bosch (oorlede 31 Maart 2001, later ook bekend as Mariëtte Wolmarans[1]) was 'n Suid-Afrikaanse vrou wat op 31 Maart 2001 op 50-jarige ouderdom deur die regering van Botswana tereggestel is.[2] Sy is gehang vir die moord op Maria Magdalene "Ria" Wolmarans[3][4] in Junie 1996, ook 'n Suid-Afrikaanse vrou.[4] Bosch was die eerste wit vrou wat in Botswana tereggestel is.[3][5] Sy was die vierde vrou wat sedert Botswana se onafhanklikheid daar gehang is.[5] As gevolg hiervan is die moord wyd binne en buite Botswana in die media gerapporteer.[6] Daar is na die voorval verwys as Botswana se "White Mischief" (blanke onheil), 'n sinspeling op die 1987-rolprent oor 'n moordsaak waarby wit mense in Kenia betrokke was.