Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Michigan |
County | Marquette |
Koördinate | 46°33′N 87°24′W / 46.550°N 87.400°W |
Stigting | 1845 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 50,38 vk km |
Hoogte bo seevlak | 203 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2012) | 21 532 |
- Bevolkingsdigtheid | 723,9/vk km |
Tydsone | EST (UTC -5) |
Somertyd | EDT (UTC -4) |
Burgemeester | Michael Coyne |
Amptelike Webwerf | mqtcty.org |
Marquette is hawestad in die deelstaat Michigan geleë aan die suidelike oewer van die Bowemeer. Die oorspronklike dorp is gebou op 'n hoë rant net bokant die meer. Dit is ook die administratiewe setel van Marquette County.
Die dorp het in 1845 ontstaan toe ystererts in die omgewing ontdek is en die nedersetting het eers bekend gestaan as Worcester. Dit is in 1850 hernoem na Marquette, die Franse ontdekkingsreisiger Jacques Marquette, en het in 1859 dorpstatus verkry. 'n Vuur het die dorp verwoes in 1868; dit was herbou en het in 1871 stadstatus verkry.
Die stad beskik oor twee hawens en die K.I. Sawyer Lugmagbasis is in die omgewing.
Forel en salm kom ook in die omgewing voor.