Marsbreuk

Marsbreuk is meer algemeen by soldate, maar kom ook by stappers en beroepsmense voor, soos mediese personeel wat heeldag in 'n hospitaal rondhardloop.

In die mediese vakterminologie verwys marsbreuk na 'n breuk van die middelvoetbeentjies sonder growwe uitwendige geweld. Dit kom dikwels voor weens uitputting tydens lang voetmarse.