Marylebone-krieketklub | |
---|---|
Kenteken van die Marylebone-krieketklub
| |
Engelse naam | Marylebone Cricket Club |
Afkorting | MCC |
Gestig in | 1787 |
Setel | Lord’s, Londen, Engeland |
Amptelike webwerf | lords.org/mcc/the-club/our-history |
Die Marylebone-krieketklub (Engels: Marylebone Cricket Club, afgekort: “MCC”) is ’n krieketklub wat in 1787 gestig is en sedert 1814 gesetel is op Lord’s, wat dit besit, in Londen, Engeland.[1] Dié klub was voorheen die beheerliggaam van krieket met ’n aansienlike wêreldwye invloed.
In 1788 het die MKK verantwoordelikheid vir die krieketwette geneem en elke jaar ’n hersiene weergawe gepubliseer. Veranderinge aan dié wette word deesdae deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebring, maar die kopiereg is steeds in besit van die MKK.[2] Toe die IKR in 1909 gestig is, is dit deur die MKK se sekretaris bestuur en die MKK se president is tot in 1989 outomaties aangewys as die voorsitter van die IKR.[3][4]
Vir die meeste van die 20ste eeu, beginnende met die 1903/04-toer van Australië tot die 1976/77-toer van Indië het die MKK internasionale toere vir die Engelse nasionale span gereël rakende toetskrieket. Tydens dié toere het die Engelse span in nieinternasionale wedstryde as MKK verskyn. In 1993 is sy administratiewe en bestuursfunksies oorhandig aan die IKR en die Toets- en Countykrieketraad (Engels: Test and County Cricket Board, TCCB, nou die Engelse en Walliese Krieketraad, England and Wales Cricket Board, afgekort “ECB”).