Matrosskaja Tisjina | ||
Ligging | ||
Stad/dorp | Moskou | |
Land | Rusland | |
Geskiedenis | ||
Geopen | 1945 | |
Inligting | ||
Status | Werkend | |
Bestuur deur | Federale strafgevangenisdiens |
Die Federale Staatsinstelling IZ-77/1 van die Kantoor van die Federale Strafgevangenisdiens van Rusland in die stad Moskou is 'n gevangenis in die Sokolniki-distrik van Moskou, Rusland. Dit is algemeen bekend as Matrosskaja Tisjina (Russies: Матросская тишина, letterlik "Matroos se Stilte"), na aanleiding van die straat waarin dit in Noordoos-Moskou geleë is.
Matrosskaja Tisjina word bedryf deur die federale strafgevangenisdiens en is bekend as die plek waar gevangenes soos Michail Chodorkofski en van die samesweerders van die 1991-poging tot 'n Sowjetse staatsgreep aangehou is.[1]
Die plek waar Matrosskaja Tisjina staan, is sedert 1775 die terrein van aanhoudingsgeriewe. In dié jaar is 'n sielsieke-inrigting daar geopen en in 1870 is die gebou in die Moskoutronk omskep met plek vir 300 mans en 150 vroue. In 1912 is nuwe tronkblokke opgerig en in 1918 is dit verander in 'n tronk vir jeugdiges.
Matrosskaja Tisjina is in 1945 ná die Tweede Wêreldoorlog in sy huidige vorm deur die Sowjetregering opgerig. Die departement van binnelandse sake het dit van 1946 tot 1956 bedryf, en daarna het dit twee hoofgeboue gehad met meer as 2 000 volwasse gevangenes; daarna het nog 'n gebou bygekom. Van 1953 tot 1997 is jeugmisdadigers in die derde gebou aangehou en sedert 1999 is dit die tuberkulose-afdeling. In 1997 het dit tot 5 000 gevangenis gehou wat op vonnisse gewag het.
Net drie of vier gevangenes kon ooit uit Matrosskaja Tisjina ontsnap.
Noemenswaardige gevangenes wat in Matrosskaja Tisjina aangehou is, sluit in: