![]() Mazda CX-5 Maxx AWD (Australië) | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mazda |
Produksie | Oktober 2012–tans |
Modeljare | 2013–tans |
Montering | Ujina-aanleg No.2, Hiroshima, Japan[1][2][3] Kedah, Maleisië[4] Vladivostok, Rusland[5] Nanjing, China[6] |
Ontwerper | Masashi Nakayama (2009)[7] |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Kompakte oorkruis SNV |
Bakstyl | 5-deur SNV |
Uitleg | Voorenjin voorwieldryf of Voorenjin vierwieldryf |
Platform | MAZDA SKYACTIV platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.0 L SKYACTIV-G (PE-VPS) I4-enjin 2.5 L SKYACTIV-G (PY-VPS) I4-enjin 2.2 L SKYACTIV-D (SH-VPTS) I4-enjin |
Ratkas | 6-gang handratkas 6-gang outomaties |
Lengte | 4540 mm |
Breedte | 1840 mm |
Hoogte | 1670 mm |
Massa | 1455 – 1555 kg[8] |
Asafstand | 2700 mm[8] |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Mazda Tribute Mazda CX-7 |
Variante | Ford EcoSport |
Die Mazda CX-5 [9] is 'n kompakte oorkruis SNV wat deur Mazda vervaardig word sedert 2012 vir die 2013-modeljaar. Dit is Mazda se eerste motor wat die nuwe KODO – Soul of Motion ontwerptaal benut,[10] wat die eerste keer in die Shinari konsepvoertuig getoon is in Mei 2011.[11] Dit deel 'n platform met die Mazda3 en Mazda6.[12] Dit is ook die eerste voertuig met die maatskappy se volle Skyactiv-Tegnologie suite, met 'n stewige, liggewigplatform, gekombineer met 'n nuwe reeks van doeltreffende enjins met verminderde uitlaatbesoedeling en verbeterde brandstofverbruik. Die Skyactiv enjin- en transmissietegnologie is aanvanklik in die 2012 Mazda3 kompakte sedan en luikrug vrygestel.[13]
Mazda MINAGI (マツダ 勢(MINAGI)) konsepmotor is die eerste Mazdavoertuig met Mazda se nuwe 'KODO – Soul of Motion'-ontwerptaal en SKYACTIV-tegnologie.
Die voertuig is by die 2011-Geneefse motorskou onthul.[14][15][16]
Die ontwerp is gebaseer op die Mazda MINAGI. Die Mazda CX-5 vervang beide die Mazda Tribute en die Mazda CX-7.[17]
Die Japannese model is onthul by die 2011 Tokio-motorskou,[18][19] en 'n verpersoonlikte variant in rooi buitekleur met allooiwiele geverf in mat-swart en effens laer ryhoogte is later by die 2012 Tokio Motor Salon vrygestel.[20][21] Produksiemodelle verkoop sedert 2012, met 'n keuse van SKYACTIV-D 2.2 of SKYACTIV-G 2.0 enjins en SKYACTIV-DRIVE 6-gang outomatiese ratkas.[8]
Met sy bekendstelling in 2012 het dit die Motor van die Jaar Japan-toekenning verower.
Die CX-5 is beskikbaar met beide voor- en alwieldryf, met krag vanuit 'n 2.0 liter petrol viersilinderenjin (PE-VPS) wat 121 kW (162 bhp) en 210 N·m lewer teen 'n geskatte 10 L/100 km.
Dit sal ook beskikbaar wees met 'n 2.2 liter tweestadium turbo-aangejaagde diesel (SH-VPTS) wat óf 110 kW (147 bhp) en 380 N·m, óf 129 kW (173 bhp) en 420 N·m lewer, met die uitlaat van 'n geskatte 119 en 139 g/km onderskeidelik. Die EPA-gegradeerde die CX-5 se verbruik is die beste in sy klas, gemiddeld 26mpg stad en 35mpg snelweg, wat Mazda reken is die beste verbruik vir enige nie-hibriede SUV.[22] Brandstofverbruik vir die intreevlak-dieselenjin met voorwielaandrywing is 4,5 L/100 km; (52 mpg).[23][24]
Japannese produksie van Mazda CX-5 met SKYACTIV-D 2.2 dieselenjin het by die Ujina-aanleg naby Mazda se hoofkwartier in Hiroshima begin.[25]
In 2012 is daar beplan om die Mazda CX-5 produksie by die Ujina-aanleg te verhoog tot 240,000 eenhede per jaar deur die uitbreiding van produksie by Ujina-aanleg No. 2 bykomend tot aanleg No. 1.[26]
In die Japanse plaaslike mark het die CX-5 maandelikse verkope van 8 keer hoër as wat voorspel is, behaal sedert Februarie 2012, met die "skoon diesel"-model wat vir 'n aandeel van 73% verantwoordelik was.[27]
Die Mazda CX-5 is die wenner van die Japan Motor van die Jaar-Toekenning 2012–2013.[28]
Die opgesmukte model Mazda CX-5 is onthul by die 2014 Los Angeles Motorskou as 'n 2016 model.[29] Noemenswaardige veranderinge sluit in opgradering in buitestilering, vermidering van padgeraas, 'n verbeterde info-vermaakstelsel en 'n sport-modus vir die 6-gang outomatiese ratkas. Die tegnologiepakket kry ook LED-hoofligte, LED-misligte en kombinasie LED-agterligte. Die beskikbare enjinopsies bly dieselfde.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |