Mbulaeni Mulaudzi (8 September 1980 – 24 Oktober 2014) was 'n Suid-Afrikaanse 800 m atleet. Hy was 'n wêreldkampioen en Olimpiese silwermedaljewenner. Hy het die binnenshuise wêreldtitel in 2004 verower en die buitenshuise titel in 2009. Hy het sy silwermedalje tydens die Olimpiese Somerspele 2004 verower. Mulaudzi het by die openingseremonie die Suid-Afrikaanse vlag gedra.[1] Hy was ook die Statebondspele-kampioen van 2002.
Hy is in 2014 op 34-jarige leeftyd in 'n motorongeluk naby Witbank, Mpumalanga, oorlede.[2]
Item | Tyd | Datum | Plek |
---|---|---|---|
800 m | 1.42,86 | 6 September 2009 | Rieti |
1000 m | 2.15,86 (SA rekord) | 7 Augustus 2007 | Stockholm |
1500 m | 3.38,55 | 6 Februarie 2009 | Durban |
Item | Prestasie | Datum | Plek |
---|---|---|---|
800 m | 1.44,91 (nat. rek) | 9 Maart 2008 | Valencia |
Mulaudzi is met die Orde van Ikhamanga in 2015 postuum bekroon.[3]
Voorafgegaan deur Hezekiél Sepeng |
Vlagdraer vir ![]() Athene 2004 |
Opgevolg deur Natalie du Toit |