Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Megalodon | |
---|---|
![]() | |
’n Voorstelling van die megalodon. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | Lamnidae of †Otodontidae
|
Genus: | Carcharodon of †Carcharocles
|
Megalodon (wat "groot tand" beteken) is ’n uitgestorwe spesie haaie wat sowat 15,9 miljoen tot 2,6 miljoen jaar gelede tydens die Middel-Mioseen tot Laat Plioseen voorgekom het. Daar word reeds byna ’n eeu lank gedebatteer oor die wetenskaplike klassifikasie van C. megalodon – of dit Carcharodon megalodon (familie Lamnidae) of Carcharocles megalodon (familie Otodontidae) is.[1] Daarom word die naam van die spesie gewoonlik afgekort tot C. megalodon.
C. megalodon word beskou as een van die grootste en kragtigste roofdiere van alle gewerweldes.[2] Dit het waarskynlik ’n groot impak op die struktuur van die seelewe gehad.[3] Fossiele dui daarop dat dié reusehaai ’n maksimum lengte van 28,5 m kon gehaal het en dat dit in alle habitats voorgekom het.[1] Wetenskaplikes glo dit het soos ’n stewiger weergawe van die grootwithaai, Carcharodon carcharias, gelyk.[4]
Volgens Renaissance-bronne is reusagtige, driehoekige tande dikwels in rotsformasies gekry en daar is voorheen geglo dit is die versteende tonge van drake en slange. Dié vertolking is in 1667 deur die Deense naturalis Nicolaus Steno verkeerd bewys toe hy dit as haaitande herken het en sy bekende voorstelling van ’n haaikop met sulke tande gepubliseer het.[5] Hy het sy bevindings bekend gemaak in die boek The Head of a Shark Dissected, wat ook ’n illustrasie bevat het van ’n C. megalodon-tand.[6]
Die Switserse naturalis Louis Agassiz het in 1835 aan die haai sy aanvanklike wetenskaplike naam, Carcharodon megalodon, gegee,[7] Megalodon-tande lyk nes dié van die grootwithaai en op grond daarvan het Agassiz die megalodon in die genus Carcharodon geplaas.[7] Terwyl die wetenskaplike naam C. megalodon is, word dit dikwels informeel gedoop die "megatandhaai",[4] "reusewithaai"[8] of "monsterhaai".[9]
Onder lewende spesies word die grootwithaai beskou as die naaste verwant aan die megalodon.[1] Weens die gebrek aan goed bewaarde fossiele van die megalodon, steun wetenskaplikes op die grootwithaai as basis van die rekonstruksie en raming van die grootte van die megalodon.[4] Wetenskaplikes glo die megalodon was groter as die grootwithaai.[10] In 1909 is voorspel die megalodon kon tot 47 m lank gewees het.[11] Beter kennis van tande en spiere[11] het gelei tot ’n raming van sowat 70 persent van dié grootte en stem ooreen met moderne bevindinge.[11]
In die 1990's het mariene bioloë soos Patrick J. Schembri en Staphon Papson gemeen C. megalodon het ’n maksimum lengte van 24 tot 25 m gehad,[12][13] maar Gottfried en kollegas het gedink dit is nader aan 37,3 m.[2][4][14] Tans word geglo C. megalodon was sowat 30 m of langer.[1][2][14][15]
Haaie, veral groot spesies, is baie beweeglik en kom verspreid voor.[1] Fossielrekords dui daarop dat die megalodon wydverspreid voorgekom het[15] in subtropiese tot gematigde temperature.[4] In die tyd van dié haai was die see relatief warmer[16] en dus kon die haai in al die oseane voorgekom het. Die megalodon was ook baie aanpasbaar en kon in ’n verskeidenheid waters voorgekom het: vlak water, moerasagtige lagunes en diep oseane.[10][17] Hulle kon ook tussen kusstreke en diep oseane gewissel het, veral tydens verskillende siklusse van hul lewe.
Haaie is gewoonlik opportunistiese jagters, maar wetenskaplikes glo C. megalodon was waarskynlik die grootste karnivoor wat nog bestaan het.[2] Sy grootte, sterk kake en swemvermoëns het dit ’n superprooidier gemaak wat ’n groot verskeidenheid diere kon vang. Volgens fossielbewyse het C. megalodon jag gemaak op Walvisagtiges soos dolfyne,[4][18] klein walvisse,[6] groot walvisse[17] en reusewaterskilpaaie.[17] Baie walvisbene is al ontdek met tandmerke wat met dié van die megalodon ooreenstem[4][6] of naby dié van die megalodon.[4][8][19]
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |coauthors=
geïgnoreer (hulp)
{{cite journal}}
: Gaan datum na in: |date=
(hulp)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: Gaan datum na in: |accessdate=
(hulp)