Megalosaurus | |
---|---|
Fossiele wat in 1824 deur William Buckland geïdentifiseer is (Oxford University Museum of Natural History). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | †Megalosaurus (Buckland, 1824)
|
Binomiale naam | |
†Megalosaurus bucklandii |
Megalosaurus | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||
|
Megalosaurus of Megalosourus (van die Grieks vir "groot akkedis") was ’n genus groot, vleisvretende teropode-dinosourusse van die Middel-Jura-periode se Batonium-tydsnede 166 miljoen jaar gelede. Hoewel fossiele van ander gebiede ook tot die genus gevoeg is, is die enigste sekere oorblyfsels van Megalosaurus van Suid-Engeland.
Een van die eerste oorblyfsels, wat in die 17de eeu ontdek is, is die onderste deel van ’n femur. Robert Plot het dit oorspronklik beskryf as die bobeen van ’n oorlogsolifant uit die Romeinse Ryk, en daarna as ’n Bybelse reus. Die eerste wetenskaplike naam daarvoor was egter Scrotum humanum, wat deur Richard Brookes gebruik is as ’n onderskrif. Die been het hom waarskynlik aan menslike testikels laat dink. Vandag is die naam egter nie geldig nie.
Megalosaurus was in 1824 die eerste genus dinosourusse wat ’n geldige naam gekry het, buiten voëls. Die tipe-spesie is Megalosaurus bucklandii, wat in 1827 ’n naam gekry het. In 1842 was Megalosaurus een van die drie genera wat Richard Owen gebruik het om sy groep Dinosauria te skep. In die volgende 50 jaar, terwyl dinosourusse nog nie baie bekend was nie, is baie spesies in dié genus geklassifiseer, maar ook tydens die 20ste eeu, nadat baie dinosourusse al ontdek is. Vandag weet wetenskaplikes dié spesies is nie direk verwant aan M. bucklandii nie en dat laasgenoemde die enigste ware Megalosaurus-spesie is. Omdat ’n volledige skelet nog nie ontdek is nie, is min bekend oor die dier se bou.
Die eerste navorsers wat Megalosaurus ondersoek het, het dit verkeerdelik aangesien vir ’n reusagtige akkedis van 20 m lank. In 1842 het Owen tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie langer as 9 m was wanneer dat dit op sy agterpote gestaan het nie. Hy het egter steeds gedink dit was ’n vierpotige dier. Deur Megalosaurus met sy direkte voorsate in Megalosauridae te vergelyk, het moderne wetenskaplikes ’n akkurater prentjie gekry.
Megalosaurus het die tipiese bou van ’n teropode gehad. Hy was sowat 7 m lank en het omtrent 1,5 ton geweeg. Hy was tweepotig en het sy balans gehou deur middel van sy lang stert. Sy voorpote was kort, maar sterk. Hy het ’n taamlike groot kop gehad en lang, dolkagtige tande om vleis te kan vreet.[1] Hy was ’n sterk, gespierde dier.
Min is oor die dier se skedel bekend. Die dele van skedels wat al ontdek is, is groot in verhouding met die res van die bene. Dit kan óf toevallig wees óf daarop dui dat hy ’n buitengewoon groot kop gehad het. Daar is geen bene om te bepaal hoe die snoet gelyk het nie.
In die 20ste eeu het die nuwe metode van klassifikasie, kladistiek, dit moontlik gemaak om vir die eerste keer presies te bepaal hoe verskillende taksons verwant is. In 2012 het Matthew Carrano et al. aangetoon Megalosaurus is die sustergroep van Torvosaurus binne Megalosaurinae.[2] Dit gee aanleiding tot die volgende kladogram:[3]
Megalosauroidea |
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)