Melanie Verwoerd

Melanie Verwoerd
Verwoerd in Afrika
Gebore
Melanie Fourie

18 April 1967 (1967-04-18) (57 jaar oud)
NasionaliteitSuid-Afrikaans, Iers
BeroepPolitiese analis, openbare spreker, eks-politikus
Bekend virPolitiek
Kinders2
Sjabloon:Inligtingsboks Persoon
Webwerfwww.melanieverwoerd.co.za

Melanie Verwoerd (gebore Fourie) (Afrikaanse fonetiese uitspraak: fɛrvurt; 18 April 1967, Pretoria) is a Suid-Afrikaanse politiese analis. Sy was voorheen 'n politikus, ambassadeur en voormalige direkteur van UNICEF Ierland.[1]

Verwoerd is verkies as 'n parlementslid vir die ANC tydens die 1994 verkiesing. Sy is in 1999 weer verkies. In 2001 is sy aangestel as die Suid-Afrikaanse ambassadeur vir Ierland, welke pos sy tot 2005 gehou het. Tussen 2007 en 2011 was sy 'n uitvoerende direkteur van UNICEF Ierland.[2][3] Verwoerd het in 2007 die Ierse Tatler Internasionale Vrou van die Jaar toekenning ontvang.[4]

Politiese en diplomatiese loopbaan

[wysig | wysig bron]

Tydens die 1994 verkiesing in Suid-Afrika is Verwoerd verkies tot lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die ANC. Sy is in 1999 herkies. Tydens haar tyd in die parlement was sy deel gewees van die skryf van die Grondwet van Suid-Afrika, en het sy in verskillende parlementêre komitees gedien, waaronder Plaaslike Regering en Grondwetlike Sake, die Jeugkomitee, Uitsaaiwese en kommunikasie, en die portefeuljekomitees vir toerisme en omgewingsake. Sy het deelgeneem aan feitesendings en na verskeie lande gereis, waaronder Nederland, die Verenigde Koninkryk, Swede, Kuba, Chile, Australië, Brasilië, Argentinië en die VSA. Sy was betrokke by die Vroue-koukus en het gedien as 'n raadgewer betreffende die Vroue-begroting en was ook lid van die Staande Komitee wat surrogaatskap ondersoek het.[5] In 2001 is sy aangestel as die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Ierland. Gedurende haar tydperk as ambassadeur het sy daarop gefokus om toerisme van Ierland na Suid-Afrika te bevorder. Sy het ook gesprekke gevoer oor die uitdagings wat Suid-Afrika en die ontwikkelende wêreld in die gesig staar, met die klem op die uitdagings van MIV/vigs.[6]

Persoonlike lewe

[wysig | wysig bron]
Verwoerd saam met Gerry Ryan tydens die opening van die Grand Canal-teater in Maart 2010

Verwoerd het in 1987 met Wilhelm Verwoerd, die kleinseun van die voormalige Suid-Afrikaanse eerste minster Dr. Hendrik Verwoerd, in die huwelike getree. Hulle het twee kinders, naamlik Wilmé (gebore in 1990) en Wian (gebore in 1992). Beide het by Trinity College in Dublin gestudeer en voortgegaan met nagraadse studies by die UK.[7] Die egpaar het in 2005 geskei.

In 2008 het Verwoerd die minnares van Gerry Ryan, 'n welbekende radio - en TV persoonlikheid in Ierland, geword. Gerry is skielik oorlede op 30 April 2010.[8] In Julie 2011 het die raad van UNICEF Ierland vir Verwoerd ontslaan en die mediastorm wat op die dood van Ryan gevolg het as rede daarvoor aangegee; welke tot 'n openbare herrie aanleiding gegee het; met 'n gevolglike eis vir onregverdige ontslag.[9][10][11] UNICEF het saak in April 2013 buite die hof geskik en 'n verklaring uitgereik dat "haar ontslag geensins 'n weerspieëling van haar prestasie was nie, welke altyd van die hoogste standaard was."[12]

Huidige loopbaan

[wysig | wysig bron]

Verwoerd woon tans in Kaapstad, Suid-Afrika, en werk as politieke ontleder. Sy dien ook as adviseer vir ondernemings (plaaslik en internasionaal) betreffende politieke verwikkelinge in Suid-Afrika en Afrika, lewer 'n weeklikse rubriek op News24 en doen radio-onderhoude vir EWN, 702 en Cape Talk. [13]

Haar memoires, When We Dance, is deur Liberties Press in Oktober 2012 gepubliseer. Die verkope daarvan was egter gou gestaak hangende 'n hofsaak betreffende beweerde laster.[14] Die aksie is egter tersyde gestel en die boek het teruggekeer na winkelrakke, met 'n verduideliking wat in elke eksemplaar ingevoeg is.[15] Die boek is in Mei 2013 in Suid-Afrika onder die titel The Verwoerd who toyi-toyied gepubliseer.[16]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "The Verwoerd who Toyi-Toyied" (in Engels). SABC. 27 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2019. Besoek op 25 Julie 2019.
  2. "Melanie born to be voice for those who cannot speak". Irish Independent (in Engels). 4 Julie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2010. Besoek op 15 Januarie 2020.
  3. "Business & Finance". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2011.
  4. "Melanie is backward in coming Verwoerd". Irish Independent. 26 November 2012.
  5. "For A Change".
  6. "Metro Eireann". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2012.
  7. "Current Graduate Research". The University of Cape Town (in Engels). 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2019. Besoek op 15 Januarie 2020.
  8. Lally, Conor (1 Mei 2010). "Ryan's death not being treated as suspicious". The Irish Times (in Engels). Irish Times Trust. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2012. Besoek op 1 Mei 2010.
  9. Collins, Liam (24 Julie 2011). "Irish Independent" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2011.
  10. Walsh, Anne-Marie (25 Julie 2011). "Melanie tells of shock over being 'sacked' as head of Unicef: Gerry Ryan's ex 'worked tirelessly' for charity". Irish Independent (in Engels). Independent News & Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2011. Besoek op 25 Julie 2011.
  11. Swords, Warren (31 Julie 2011). "Charity cash should go to starving children, not to fire me: Former Unicef boss blasts poverty charity". Daily Mail (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 31 Julie 2011.
  12. "Verwoerd settles case over UNICEF dismissal". Irish Independent (in Engels). 29 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2019.
  13. "FM Ranking the Analysts" (PDF). Financial Mail. 31 Mei 2018.
  14. Broadsheet (10 Oktober 2012). "Dance Off". Broadsheet.ie (in Engels (VK)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2019. Besoek op 6 Desember 2018.
  15. Irish Independent 25 Oktober 2012
  16. ""The Verwoerd who toyi-toyied"". NB Publishers (in Engels). 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2016. Besoek op 15 Januarie 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]