Merapi Gunung Merapi | |
---|---|
Ligging | Java, Indonesië |
Hoogte | 2 910 meter bo seevlak |
Koördinate | 7°32′26.99″S 110°26′41.34″O / 7.5408306°S 110.4448167°O |
Bergtipe | Aktiewe stratovulkaan |
Laaste uitbarsting | 2020 |
Ligging in Indonesië. |
Die berg Merapi (Indonesies en Javaans: Gunung Merapi, letterlik "Vuurberg") is 'n aktiewe stratovulkaan aan die grens tussen Sentraal-Java en die spesiale streek Jogjakarta in Indonesië. Dit is die aktiefste vulkaan in Indonesië en bars sedert 1548 gereeld uit. Dit lê naby die stad Jogjakarta met 'n bevolking van 2,4 miljoen, terwyl daar ook dorpies tot so hoog as 1 700 m bo die seevlak is.
Dikwels kan gesien word hoe rook uit die piek van die vulkaan borrel, en verskeie uitbarsting het al tot lewensverlies gelei. 'n Piroklastiese stroom weens 'n groot uitbarsting het op 22 November 1994 altesaam 27 mense gedood, hoofsaaklik op die dorp Muntilan, wes van die vulkaan.[1] In 2006 was daar nog 'n groot uitbarsting, net voor die Jogjakarta-aardbewing in dieselfde jaar.
Vanweë die gevare wat Merapi vir die bevolkte gebiede inhou, is dit aangewys as 'n Dekadevulkaan.
Op die middag van 25 Oktober 2010 het Merapi aan sy suidelike en suidoostelike hange uitgebars.[2] Altesaam 353 mense is in die volgende maand dood, terwyl 350 000 uit hulle huise moes vlug;[3] die meeste skade is aangerig deur piroklastiese strome, terwyl swaar reën op 4 November modderstortings veroorsaak het wat verdere skade aangerig het.
Die meeste uitbarstings het bedaar teen 30 November, en vier dae later is die amptelike bedreigingsvlak verlaag.[4] Merapi se kenmerkende vorm is deur die uitbarstings verander en sy hoogte het met 38 m teruggesak tot 2 930 m.[5]
Sedert 2010 was daar verskeie kleiner uitbarstings op Merapi, veral twee ondergrondse ontploffings op 18 November 2013 en 11 Mei 2018. Tydens die eerste een, wat die grootste was en deur 'n kombinasie van reën en interne aktiwiteit veroorsaak is, het rook tot 2 000 m hoog die lug in getrek.[6]
Sedert begin 2020 was daar verskeie klein uitbarstings.[7][8][9] Die laaste twee was op 8 Augustus 2021[10] en 16 Augustus 2021.[11]
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)