Meritamen | |
---|---|
Groot koningsvrou Dame van die Twee Lande Meesteres van Bo- en Benede-Egipte | |
'n Standbeeld van Meritamen.
| |
Oorlede | Thebe? |
Begrawe | QV68, Vallei van die Koninginne, Thebe |
Gade | Ramses II |
Dinastie | 19de Dinastie van Egipte |
Vader | Ramses II |
Moeder | Nefertari |
Meritamen (ook gespel Meritamoen, "Geliefde van Amoen") was 'n dogter en later vrou van farao Ramses II.
| |||||||||||||
Meritamen in hiërogliewe |
---|
Meritamen was die dogter van Ramses II en een van sy hoofvroue, Nefertari. Sy is vierde in die ry dogters by Aboe Simbel en het minstens vier broers gehad: Amoen-her-chepesfef, Pareherwenemef, Merire en Meriatoem, sowel as 'n suster, Henoettawi.
Haar oudste broer, Amoen-her-chepesfef, was die kroonprins tot minstens in jaar 25 van hulle vader se bewind. Prins Prehirwenemef het in die leër gedien en prins Meriatoem het later hoëpriester van Ra in Heliopolis geword. Omstreeks die tyd van haar ma se dood (omstreeks jaar 24 of 25 van Ramses se bewind) het Meritamen en haar halfsuster Bintanat die farao se vroue geword.
Meritamen se grafkelder is QV68 in die Vallei van die Koninginne. Die deksel van haar sarkofaag, met haar titels op, is nou in Berlyn.[1]