'n Merkaptaan is 'n organiese verbinding met die funksionele groep R-SH, waar R 'n alkiel of 'n ander organiese komponent voorstel.[1][2] Die Engelse term "Mercaptan" (mərˈkæptæn)[3] is in 1832 deur William Christopher Zeise bekendgestel en is afgelei van die Latynse mercurium captāns (in Engels: "capturing mercury"), of "vaslegging van kwik", omdat die tiolaatgroep (RS−) baie sterk bind met kwikverbindings.[4]
Dit word ook 'n tiol genoem, what 'n kombinasie van "tio-" (wat van Grieks θεῖον (teion) afkomstig is en "swael" beteken) en "alkohol".[5] Die –SH funksionele groep self word óf 'n tiolgroep óf 'n sulfhidrielgroep genoem.
Baie merkaptane het sterk reuke soos die van knoffel of vrot eiers. Merkaptane word as reukmiddels gebruik om 'n aardgaslekkasie (die gas in suiwer vorm is reukloos) op te spoor, en die "reuk van aardgas" is te danke aan die reuk van die merkaptaan wat as reukmiddel gebruik word.
Merkaptane toon min assosiasie deur waterstofbinding, beide met watermolekules en onder mekaar. Hulle het dus laer kookpunte en is minder oplosbaar in water en ander polêre oplosmiddels as alkohole met 'n soortgelyke molekulêre gewig. Om hierdie rede het tiole en ooreenstemmende tioeter funksionele groepisomere ook soortgelyke oplosbaarheidseienskappe en kookpunte, terwyl dieselfde nie waar is van alkohole en hul ooreenstemmende isomeriese eters nie.
Die S-H-binding in merkaptane is swak in vergelyking met die O-H-binding in alkohole. Vir CH3X−H is die bindingsentalpieë 365,07 ± 2,1 kcal/mol vir X=S en 440,2 ± 3,0 kcal/mol vir X=O.[6]
Merkaptane kan maklik gedeprotoneer word.[7] In vergelyke met die alkohole is merkaptane meer suur. Die gekonjugeerde basis van 'n tiol (of merkaptaan) word 'n tiolaat (of merkaptanaat) genoem. Butaantiol het 'n pKa van 10,5 teenoor 15 vir butanol. Tiofenol het 'n pKa van 6, teenoor 10 vir fenol. 'n Hoogs suur tiol is pentafluorotiofenol (C6F5SH) met 'n pKa van 2,68. Dus kan tiolate uit tiols verkry word deur behandeling met alkalimetaalhidroksiede.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)