Meroë | ||
![]() | ||
Piramides van die Koesjitiese heersers by Meroë. | ||
Koördinate | 16°56′00″N 33°43′35″O / 16.93333°N 33.72639°O | |
Land | ![]() | |
Soort | Nedersetting | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | ii, iii, vi, v | |
Verwysing | 1336 | |
Streek† | Afrika | |
Beskrywing* | Argeologiese terreine van die Eiland Meroe | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Meroë (Arabies: مرواه, Meruwah; Grieks: Μερόη, Meróē) is ’n antieke stad aan die oosoewer van die Nyl in Soedan, sowat 200 km noordoos van Khartoem. Die terrein is ’n Unesco-wêrelderfenisgebied. Daarnaby is ’n groep dorpe bekend as Bagrawiyah. Die stad was verskeie eeue lank die hoofstad van die Koninkryk Koesj. Die Koesjitiese koninkryk van Meroë het die naam "Eiland Meroë" gegee aan die moderne gebied Butana, ’n streek wat omring word deur die Nyl, Atbarah en Blou-Nyl.
Die stad Meroë was aan die kant van Butana geleë. Daar was nog twee Meroïtiese stede in Butana: Musawwarat es-Sufra en Naqa.[1][2]
Kambuses, ’n koning van die Achaemenidiese Ryk, het die naam Meroë aan die eerste van hierdie terreine gegee ter ere van sy suster Meroë. Die stad het eers die naam Saba gehad; dit is genoem na die land se oorspronklike stigter.[3] Saba, of Seba, was ook die naam van een van die seuns van die Bybelse karakter Kus (Genesis 10:7).
Die teenwoordigheid van talle Meroïtiese terreine in Wes-Butana en aan die grens van Butana was belangrik vir die ontstaan van die kern van die ontwikkelde gebied. Hierdie nedersettings toon die uitoefening van mag deur die staat oor voedselvervaardiging.[4]
Die Koninkryk Koesj was een van ’n reeks vroeë state wat aan die Middel-Nyl geleë was. Dit is een van die vroegste en indrukwekkendste state suid van die Sahara. As ’n mens na die omringende vroeë state van die Middel-Nyl kyk, kan ’n beter idee van Meroë gevorm word deur die historiese ontwikkelings van die state te vergelyk.[4]
Op die terrein van Meroë is meer as 200 piramides in drie groepe, waarvan baie nou ruïnes is. Hulle het die tipiese grootte en afmetings van Nubiese piramides.