Meru (Sanskrit: मेरु; Tibettaans: ཪི་རྒྱལ་པོ་རི་རབ་, Sumeru, Sineru of Mahameru) is die heilige berg met vyf pieke in die Hindoeïstiese, Djainistiese en Boeddhistiese kosmologie en word beskou as die middelpunt van al die fisiese, metafisiese en spirituele heelalle.[1]
Meru (Singalees: මහා මේරු පර්වතය) met die voorvoegsel su- gee die betekenis "Wonderlike Meru" of "Groot Meru". In ander tale is die naam: Chinees: 須彌山 Xūmíshān; Birmaans: မြင်းမိုရ် Myinmo, Khmer: ភ្នំព្រះសុមេរុ Phnom Preah So Mae.
Baie bekende Hindoe-, Djanistiese en Boeddhistiese tempels is gebou as ’n simboliese verteenwoordiging van die berg.
Die eienskappe wat aan Meru gegee word en verwys na die berg as deel van die Kosmiese Oseaan, met stellings soos "Die Son en al die planete wentel om die berg", maak dit volgens die meeste geleerdes moeilik om die ligging vas te stel.[2][3] Sommige navorsers vereenselwig Meru of Sumeru met die Pamirgebergte noordwes van Kasjmir.[4][5][6][7][8][9][10]
Die Sanskrit geskrif Suryasiddhanta noem dat die berg Meru in "die middel van die Aarde" (bhurva-madhya) lê, in die land van die Jambunad (Jambudvip). Volgens Narpatijayacharyā, ’n 9de-eeuse teks wat geskoei is op die meestal ongepubliseerde werk van Yāmal Tantr, word gesê "Su-meru lê in die middel van die Aarde, maar word nie daar gesien nie."[11]
In een van die vele weergawes van die Hindoe-kosmologie word Meru beskryf as omring deur die berge Mandrachala in die ooste, Supasarva in die weste, Kumuda in die noorde en Kailasha in die suide.[12]
↑Gopal, Madan (1990). K.S. Gautam (red.). India through the ages. Publikasie-afdeling, departement van inligting en die uitsaaiwese, regering van Indië. p. 78.