Messier 2 | ||||
Messier 2 deur die Hubble-ruimteteleskoop (Bron: ESA/Hubble & NASA, G. Piotto et al.) | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Waterdraer | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 33m27,02s | |||
Deklinasie | -00º 49' 23,7" | |||
Skynmagnitude | 6,3 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 33 000 | |||
Ander name | M2, NGC 7089 | |||
|
Messier 2 of M2 (ook bekend as NGC 7089) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Waterdraer, vyf grade noord van die ster Beta Aquarii. Dit is in 1746 deur Jean-Dominique Maraldi ontdek en is een van die grootste bekende bolswerms.
Charles Messier het die swerm in 1760 herontdek, maar het gedink dit is ’n newel sonder enige sterre. William Herschel was in 1783 die eerste sterrekundige wat individuele sterre in die swerm geïdentifiseer het.
M2 is sowat 33 000 ligjare van die Aarde af en is in besonder goeie sigtoestande net-net met die blote oog sigbaar. Met ’n verkyker of klein teleskoop kan individuele sterre nie gesien word nie, maar met ’n groot teleskoop wel.
Die swerm is sowat 13 miljard jaar oud en een van die oudste bolswerms wat met die Melkweg verbind word. Dit het sowat 150 000 sterre, onder meer 21 bekende veranderlike sterre.[1] Die helderste ster het ’n oënskynlike magnitude van 13,1.