Algemeen | |
---|---|
Naam | metaantiol |
Ander name | metielmerkaptaan, merkaptaan |
![]() |
![]() |
Chemiese formule | CH3SH |
Molêre massa | 48,11 g/mol |
CAS-nommer | 200-822-1 |
Voorkoms | kleurlose stinkende gas |
Reuk | Vrot kool, vrot knoffel |
Reukdrempel | 0,003 dpm[1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -123 °C |
Kookpunt | +6 °C |
Digtheid | 1,66 (rel lug) |
Oplosbaarheid | 23,3 g/L in water @ 20 °C [1] |
Dampdruk | 1536 torr (@ 20 °C) |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 10,4 |
Veiligheid | |
Flitspunt | -18 °C[2] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Metaantiol of (metiel)merkaptaan is die eenvoudigste organiese verbinding met 'n tiol-groep. Dit het die formule CH3SH. Dit word vanweë sy stank in klein hoeveelhede aan aardgas bygevoeg om mense te waarsku indien daar 'n gaslek is.
Dit is nogtans 'n giftige stof wat die respirasie in mitochondrieë kan blokkeer deur die ensiem sitochroom-C-oksidase te beskadig. Inaseming lei tot vinnige opname.[1]
Daar is bakterieë wat dit in mariene sedimente vervaardig. In sedimente by die eiland Texel word dit byvoorbeeld veral in die vroeë somer op dieptes van 3-4 cm in konsentrasies van ongeveer 30 nmol/cm3 aangetref.[3]