Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Metformien, wat onder andere onder die handelsnaam Glucophage verkoop word, is die belangrikste eersteliniemedikasie vir die behandeling van tipe 2-diabetes,[3][4][5][6] veral by mense wat oorgewig is.[7] Dit word ook gebruik in die behandeling van polisistiese ovariumsindroom.[8] Dit word soms as 'n byvoegsel gebruik om die risiko van metaboliese sindroom te verminder by mense wat antipsigotika gebruik.[9] Metformien word nie met gewigstoename geassosieer nie[10] en word per mond geneem.[8]
Metformien word oor die algemeen goed verdra. Algemene newe-effekte sluit in diarree, naarheid en maagpyn.[8] Dit het 'n klein risiko om lae bloedsuiker te veroorsaak. Hoë bloedmelksuurvlakke is 'n bekommernis as die medikasie in te hoë dosisse gebruik word of voorgeskryf word aan mense met ernstige nierprobleme.[11][12]
Metformien is 'n biguanied anti-hiperglukemiese middel. Dit werk deur glukoseproduksie in die lewer te verminder, die insuliensensitiwiteit van liggaamsweefsel te verhoog,[8] en GDF15-afskeiding te verhoog, wat eetlus en kalorie-inname verminder.[13][14][15][16]
Metformien word gebruik om bloedglukose te verlaag in diegene met tipe2 diabetes.[8] Dit word ook gebruik as 'n tweedelyn middel vir onvrugbaarheid by vroue met polisistiese ovariumsindroom.[17]
Die American Diabetes Association en die American College of Physicians beveel albei metformien aan as 'n eerstelynmiddel om tipe 2 diabetes te behandel.[18][19][20] Dit is net so effektief as repaglinied en meer effektief as al die ander orale middels vir tipe 2 diabetes.[21]
Die gebruik van metformien verminder liggaamsmassa by mense met tipe 2-diabetes[22][23] in teenstelling met sulfonielureumderivate, wat met gewigstoename geassosieer word.[24] Sommige bewyse toon dat metformien geassosieer word met gewigsverlies in vetsug in die afwesigheid van diabetes.[25][26] Metformien het 'n laer risiko van hipoglukemie as die sulfonielureums,[27][28] alhoewel hipoglukemie selde voorgekom het tydens intense oefening, kalorie-tekort, of wanneer dit saam met ander middels gebruik word om bloedglukose te verlaag.[29][30] Metformien verminder lae-digtheid lipoproteïen en trigliseriede vlakke effens.
[31][32]
Die gebruik van metformien word tipies geassosieer met gewigsverlies.[33] Dit blyk veilig en doeltreffend te wees om die gewigstoename wat deur die antipsigotiese medisyne olansapien en klosapien veroorsaak word, teen te werk.[34][35] Alhoewel 'n beskeie ommekeer van klosapien-geassosieerde gewigstoename gevind word met metformien, is primêre voorkoming van gewigstoename meer waardevol.[36]
Daar is bewyse dat metformien nuttig kan wees om lewensduur te verleng, selfs in andersins gesonde mense. Dit het aansienlike belangstelling ontvang as 'n middel wat veroudering vertraag, moontlik deur soortgelyke meganismes as die behandeling van diabetes (insulien- en koolhidraatregulering).
[38][39]
Die moontlikheid dat metformien die aanvang of vordering van Alzheimersiekte kan vertraag, of selfs kan voorkom, word ondersoek. Daar is 'n verskeidenheid van navorsing gepubliseer in hierdie veld in 'n poging om 'n korrelasie tussen tipe 2-diabetes en Alzheimer se siekte vas te stel.[40] Navorsing sluit studies in met deelnemers wat nie met diabetes gediagnoseer is nie.[41]
Die mees algemene nadelige effek van metformien is gastroïntestinale irritasie, insluitend diarree, krampe, naarheid, braking en verhoogde winderigheid; Metformien word meer algemeen geassosieer met gastroïntestinale nadelige effekte as die meeste ander antidiabetiese medisyne.[44] Die ernstigste potensiële nadelige effek van metformien is melksuur-asidose; hierdie komplikasie is skaars, en blyk verband te hou met verswakte lewer- of nierfunksie.[45] Metformien is nie goedgekeur vir gebruik in diegene met ernstige niersiekte nie, maar kan steeds gebruik word teen laer dosisse in diegene met nierprobleme.[46]
Metformienhidrochloried (1,1-dimetielbiguaniedhidrochloried) is vrylik oplosbaar in water, effens oplosbaar in etanol, maar byna onoplosbaar in asetoon, eter of chloroform. Die pKa van metformien is 12,4.[47] Die gewone sintese van metformien, wat oorspronklik in 1922 beskryf is, behels die eenpotreaksie van dimetielamienhidrochloried en 2-sianoguanidien oor hitte.[48][49]
↑ 1,01,1Dunn CJ, Peters DH (Mei 1995). "Metformin. A review of its pharmacological properties and therapeutic use in non-insulin-dependent diabetes mellitus". Drugs. 49 (5): 721–49. doi:10.2165/00003495-199549050-00007. PMID7601013.
↑Draznin B, Aroda VR, Bakris G, Benson G, Brown FM, Freeman R, et al. (Januarie 2022). "9. Pharmacologic Approaches to Glycemic Treatment: Standards of Medical Care in Diabetes-2022". Diabetes Care. 45 (Suppl 1): S125–S143.
↑Cosentino F, Grant PJ, Aboyans V, Bailey CJ, Ceriello A, Delgado V, et al. (Januarie 2020). "2019 ESC Guidelines on diabetes, pre-diabetes, and cardiovascular diseases developed in collaboration with the EASD". European Heart Journal. 41 (2): 255–323.
↑"Metformin Hydrochloride". The American Society of Health-System Pharmacists. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2016. Besoek op 2 Januarie 2017.
↑Maruthur NM, Tseng E, Hutfless S, Wilson LM, Suarez-Cuervo C, Berger Z, et al. (Junie 2016). "Diabetes Medications as Monotherapy or Metformin-Based Combination Therapy for Type 2 Diabetes: A Systematic Review and Meta-analysis". Annals of Internal Medicine. 164 (11): 740–751. doi:10.7326/M15-2650. PMID27088241. S2CID32016657.
↑Cosentino F, Grant PJ, Aboyans V, Bailey CJ, Ceriello A, Delgado V, et al. (Januarie 2020). "2019 ESC Guidelines on diabetes, pre-diabetes, and cardiovascular diseases developed in collaboration with the EASD". European Heart Journal. 41 (2): 255–323. doi:10.1093/eurheartj/ehz486. PMID31497854.
↑"Type 2 diabetes and metformin. First choice for monotherapy: weak evidence of efficacy but well-known and acceptable adverse effects". Prescrire International. 23 (154): 269–272. November 2014. PMID25954799.
↑Day EA, Ford RJ, Smith BK, Mohammadi-Shemirani P, Morrow MR, Gutgesell RM, et al. (Desember 2019). "Metformin-induced increases in GDF15 are important for suppressing appetite and promoting weight loss". Nature Metabolism. 1 (12): 1202–1208. doi:10.1038/s42255-019-0146-4. PMID32694673. S2CID213199603.
↑LaMoia TE, Butrico GM, Kalpage HA, Goedeke L, Hubbard BT, Vatner DF, et al. (10 Maart 2022). "Metformin, phenformin, and galegine inhibit complex IV activity and reduce glycerol-derived gluconeogenesis". Proceedings of the National Academy of Sciences of the United States of America. 119 (10): e2122287119.
↑Johansen K (Januarie 1999). "Efficacy of metformin in the treatment of NIDDM. Meta-analysis". Diabetes Care. 22 (1): 33–7. doi:10.2337/diacare.22.1.33. PMID10333900.
↑Johansen K (Januarie 1999). "Efficacy of metformin in the treatment of NIDDM. Meta-analysis". Diabetes Care. 22 (1): 33–7. doi:10.2337/diacare.22.1.33. PMID10333900.
↑Campbell JM, Stephenson MD, de Courten B, Chapman I, Bellman SM, Aromataris E (Augustus 2017). "Metformin and Alzheimer's disease, dementia and cognitive impairment: a systematic review protocol". JBI Database of Systematic Reviews and Implementation Reports. 15 (8): 2055–2059. doi:10.11124/JBISRIR-2017-003380. PMID28800055.
↑Tilley J, Grimsby J, Erickson S, Berthel S (2010). "Diabetes Drugs: Present and Emerging". Burger's Medicinal Chemistry and Drug Discovery. pp. 1–38. doi:10.1002/0471266949.bmc198. ISBN978-0471266945.
↑Shapiro SL, Parrino VA, Freedman L (1959). "Hypoglycemic Agents. I Chemical Properties of β-Phenethylbiguanide. A New Hypoglycemic Agent". J Am Chem Soc. 81 (9): 2220–25. doi:10.1021/ja01518a052.