Algemeen | |
---|---|
Naam | Metiel-tersiêre-butieleter |
Chemiese formule | (CH3)3COCH3 |
Molêre massa | 88,15 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 1634-04-4 |
Voorkoms | Kleurlose vloeistof[1] |
Reuk | sterk[1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -109 °C[1] |
Kookpunt | 55,2 °C[1] |
Digtheid | 0,7405 (rel)[1] |
Oplosbaarheid | |
Dampdruk | 245 Torr (@20 °C)[1] |
Henry se konstante | 1,6 [L/mol.atm] 7700 [K][2] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | -28 °C[1] |
Selfontbrandingspunt | 224 °C[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
MTBE, Metiel-tersiêre-butieleter, is 'n chemiese verbinding met die molekulêre formule (CH3)3COCH3. MTBE is 'n vlugtige, vlambare en kleurlose vloeistof wat effens oplosbaar in water is. MTBE het 'n ment-agtige reuk wat vaagweg herinner aan diëtieleter en 'n slegte smaak en reuk aan water gee. MTBE is 'n petrol-byvoegsel, wat gebruik word as 'n oksigineerder en om die oktaanwaarde te verhoog.
Die gebruik daarvan het sterk gedaal in die VSA ná ongunstige reaksie in verband met omgewingsbeskerming en gesondheidsgevare. Daar is gevind dat dit baie maklik groot hoeveelhede grondwater kan besoedel wanneer petrol wat MTBE bevat uitvloei uit 'n tenkwa tydens 'n padongeluk of wanneer 'n lekkasie by 'n vulstasie sou voorkom. MTBE word ook gebruik in organiese chemie as 'n relatief goedkoop oplosmiddel met eienskappe wat vergelykbaar is aan diëtieleter maar met 'n hoër kookpunt en laer oplosbaarheid in water. Dit word selfs in mediese aanwendings gebruik om galstene op te los.
MTBE word vervaardig deur die chemiese reaksie van metanol en isobutileen. Metanol is afkomstig vanaf 'n natuurlike gas, en isobutileen is afkomstig vanaf ru-olie of 'n natuurlike gas.
In die VSA, waar dit in baie groot hoeveelhede vervaardig was (meer as 200 000 vate per jaar in 1999), is dit vryelik gebruik as 'n petrolbyvoegsel.
Omrede die wydverspreide vrystelling van MTBE-bevattende petrol van ondergrondse stoortenks oral in die VS, het verskeie jurisdiksies die gebruik van MTBE verban en produksie is verminder. Nogtans het die verbruik gestyg in ander dele van die wêreld, veral in Asiatiese lande, wie vir die helfte van produksie in 2004 verantwoordelik was.[3]
MTBE vorm aseotrope met water (52.6 °C) en metanol (51.3 °C).
MTBE word byna uitsluitlik gebruik as 'n komponentbrandstof in motorpetrol. Dit is een van 'n groep van chemikalieë wat algemeen bekend staan as oksigineerders omdat hulle die suurstofinhoud van petrol verhoog.
In die VSA is dit op lae vlakke in petrol gebruik sedert 1979 deur tetra-etiellood te vervang om sy oktaangehalte te verhoog en dus enjinklop te help voorkom. Suurstof help om petrol meer volledig te laat verbrand en skadelike uitlaatgasse te verminder in voor-1984 motorvoertuie. In meer moderne voertuie, is die vermindering in uitlaatafval weglaatbaar. Die meeste raffinaderye het verkies om MTBE te gebruik bo oor ander oksigeneerders, hoofsaaklik vir sy goeie mengeienskappe en om ekonomiese redes. Dit word vervaardig van natuurlike gas, wat goedkoper is as olie.
Ander verbindings is beskikbaar asoksigineertoevoegings tot petrol, bv. etanol en sommige eters soos tersiêre-amielmetiel-eter. Etanol is as 'n veilige alternatief geadverteer deur landboubelangegroepe in die VSA en Europa. Voorstanders van beide kante van die debat in die Verenigde State van Amerika beweer dat petrolvervaardigers deur wetgewing gedwing was om etanol by petrol te voeg.
'n Alternatief vir etanol is die verwante eter ETBE, wat vervaardig word van etanol en iso. Sy prestasie as 'n toevoeging is soortgelyk aan MTBE, maar as gevolg van die hoër prys van etanol in vergelyking met metanol, is dit duurder. In 2003 was Kalifornië die eerste Amerikaanse staat om MTBE te vervang met etanol. Verskeie ander lande het kort daarna gevolg.
Hoër gehalte petrol is ook 'n alternatief, sodat bymiddels soos MTBE onnodig word. Iso-oktaan self kan ook gebruik word, en MTBE-aanlegte kan aangepas word om iso-oktaan uit isobutileen te produseer.[4],[5]
Iso-oktaan is die ideale brandstof, en is die standaardverwysing vir die oktaangradering.
Op die lang duur kan dieselbrandstof ook as alternatief dien, alhoewel dit 'n groot oorskakeling na dieselvoertuie benodig. Daar bestaan heelparty variante van biodiesel: beide suurstofbevattende esters en suurstofvrye alkielbiodiesel is verkrygbaar.
Die Agentskap vir Kankernavorsing, 'n afdeling van die Wêreldgesondheidsorganisasie, hou vol dat MTBE nie as 'n menslike karsinogeen geklassifiseer kan word nie. Blootstelling aan hoë dosisse MTBE dra egter steeds wesenlike nie-kankervormende gesondheidsrisiko's. MTBE benadeel die smaak van water teen konsentrasies so laag as 5 – 15 µg/l.[6]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)