Mhlobo Wabantwana Jadezweni | |
Gebore | 14 Junie 1954 Idutywa, Oos-Kaap |
---|---|
Alma mater | Universiteit van Fort Hare Universiteit Stellenbosch |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Instelling | Universiteit Stellenbosch |
Vakgebied | Xhosa-literatuur, -taal en -poësie |
Bekend vir | Die boek: uTshepo Mde: Groot Genoeg |
Mhlobo Wabantwana Jadezweni (gebore 14 Junie 1954) is 'n Suid-Afrikaanse akademikus en skrywer. Hy het grade aan die Universiteit van Fort Hare en Universiteit Stellenbosch behaal. Hy is sedert 1983 aan die Departement Afrikatale aan die Universiteit van Stellenbosch verbonde, waar hy Xhosa-literatuur en -taal onderrig, en Xhosa-poësie bestudeer.[1][2] Hy het gedien op verskeie Xhosa-taal rade sedert 1984 en is voorsitter van Universiteit van Fort Hare se isiXhosa Leksikografie-eenheid.[3]
Jadezweni is op 14 Junie 1954 in Idutywa, Oos-Kaap, gebore. Hy het sy skoolonderrig aan St John's College in Mthatha ontvang. Hy het 'n BA-graad aan die Universiteit van Fort Hare en sy BA Hons en MA aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy het sy onderwysdiploma in 1974 by Cicira-onderwysersopleidingskollege voltooi en by skole in die Transkei onderrig gegee.[2]
In 1983 het hy by die Departement Afrikatale aan die Universiteit Stellenbosch aangesluit. Hy was 'n gas-akademikus aan die Universiteit van Leipzig in 1998-1999 en aan die Universiteit van Bayreuth in 2002.[2]
Jadezweni is die skrywer van 'n veeltalige kinderboek uTshepo Mde: Tall Enough.[4] Die boek is in Xhosa en Engels geskryf en is in verskeie tweetalige uitgawes, insluitend Afrikaans, Sweeds en Portugees, gepubliseer. Die boek is genomineer as 'n Suid-Afrikaanse ereboek deur die Internasionale Raad op Boeke vir Jongmense (IBBY).[2]
Hy is die skrywer van verskeie publikasies oor Xhosa-digters en -skrywers en het stories vertaal vir die hoofstuk Xhosa-skrywers in die Afrikaanse boek Ensiklopedie van die Wêreld.[2]
Jadeweni het die volgende boeke geskryf of het 'n bydrae tot hulle gemaak:[2]
Jadezweni is getroud met Nokuzola Jadezweni, 'n skoolonderwyseres in Khayelitsha. Hulle het drie kinders.[2]