Michael Keaton | |
Geboortenaam | Michael John Douglas |
---|---|
Geboorte | 5 September 1951 Coraopolis, Pennsilvanië, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1975–tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Michael Keaton (gebore as Michael John Douglas, 5 September 1951) is ’n Amerikaanse akteur. Hy het beroemd geraak danksy komedierolle en later vir sy vertolking van Batman in Batman en Batman Returns.
Keaton was die jongste van sewe kinders en is in Robinson Township in Pennsilvanië gebore. Sy pa, George A. Douglas, was ’n siviele ingenieur en sy ma, Leona Elizabeth Loftus, ’n huisvrou.[1][2][3][4] Sy ma was Iers en sy pa van Engelse, Skotse en Duitse afkoms.[5][6][7]
Keaton het bekendheid verwerf vir sy rolle in komedies soos Night Shift (1982), Mr. Mom (1983), Johnny Dangerously (1984) en Beetlejuice (1988). Hy het ook lof gekry vir sy spel as Batman/Bruce Wayne in Batman (1989) en Batman Returns (1992). Sedertdien het hy in ’n verskeidenheid prente verskyn wat wissel van dramas en romantiese komedies tot rillers en aksieflieks soos Clean and Sober (1988), The Dream Team (1989), Pacific Heights (1990), Much Ado About Nothing (1993), My Life (1993), The Paper (1994), Multiplicity (1996), Jackie Brown (1997), The Other Guys (2010), Need for Speed (2014) en RoboCop (2014). Hy was ook die stem van karakters in prente soos Cars (2006), Toy Story 3 (2010) en Minions (2015).
Vir sy spel in Birdman (2014) het hy groot lof ingepalm, asook ’n Golden Globe vir beste akteur in ’n musiekprent of komedie, die Critics' Choice Award vir beste akteur en hy is benoem vir ’n Screen Actors Guild Award, British Academy Film Award en Oscar in dieselfde kategorie. Hy het voorheen ’n Golden Globe-benoeming gekry vir Live from Baghdad (2002) en ’n Screen Actors Guild Award-benoeming vir The Company (2007). Hy het ’n prys vir sy lewenslange bydrae gekry op die Hollywood- en die Zürich-rolprentfees.
Op 18 Januarie 2016 is hy aangewys as ’n offisier van die Orde van Kuns en Lettere in Frankryk.[8]
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1978 | Rabbit Test | Matroos | |
1978 | A Different Approach | Rolprentvervaardiger | Kortfliek |
1982 | Night Shift | Bill Blazejowski | |
1983 | Mr. Mom | Jack Butler | |
1984 | Johnny Dangerously | Johnny Kelly / Johnny Dangerously | |
1986 | Gung Ho | Hunt Stevenson | |
1986 | Touch and Go | Robert "Bobby" Barbato | |
1987 | The Squeeze | Harold "Harry" Berg | |
1988 | She's Having a Baby | Homself | In ’n kameerol |
1988 | Beetlejuice | Betelgeuse | |
1988 | Clean and Sober | Daryl Poynter | |
1989 | The Dream Team | William "Billy" Caufield | |
1989 | Batman | Bruce Wayne / Batman | |
1990 | Pacific Heights | Carter Hayes | |
1991 | One Good Cop | Arthur "Artie" Lewis | |
1992 | Batman Returns | Bruce Wayne / Batman | |
1993 | Much Ado About Nothing | Dogberry | |
1993 | My Life | Robert "Bob" Jones | |
1994 | The Paper | Henry Hackett | |
1994 | Speechless | Kevin Vallick | |
1996 | Multiplicity | Douglas "Doug" Kinney/"Two"/"Three"/"Four" | |
1997 | Inventing the Abbotts | Versteller / Ouer Doug | Geen erkenning |
1997 | Jackie Brown | Raymond "Ray" Nicolette | |
1998 | Desperate Measures | Peter J. McCabe | |
1998 | Out of Sight | Raymond "Ray" Nicolette | |
1998 | Jack Frost | Jack Frost | |
2000 | A Shot at Glory | Peter Cameron | |
2003 | Porco Rosso | Porco Rosso (stem) | Engelse oorklanking |
2003 | Quicksand | Martin Raikes | |
2004 | First Daughter | President Mackenzie | |
2005 | White Noise | Jonathan Rivers | |
2005 | Game 6 | Nicholas "Nicky" Rogan | |
2005 | Herbie: Fully Loaded | Raymond "Ray" Peyton sr. | |
2006 | Cars | Chick Hicks | (stem) |
2006 | The Last Time | Ted "Theodore" | Ook uitvoerende vervaardiger |
2009 | The Merry Gentleman | Franklin "Frank" Logan | Ook regisseur |
2009 | Post Grad | Walter Malby | |
2010 | Toy Story 3 | Ken (pop) | (stem) |
2010 | The Other Guys | Kaptein Gene Mauch | |
2011 | Hawaiian Vacation | Ken (stem) | Kortfliek |
2012 | Noah's Ark: The New Beginning | Noah | (stem) |
2013 | Penthouse North | Hollander | Ook uitvoerende vervaardiger |
2014 | RoboCop | Raymond Sellars | |
2014 | Need for Speed | Monarch | |
2014 | Birdman | Riggan Thomson / Birdman | |
2015 | Minions | Walter Nelson | (stem) |
2015 | Spotlight | Walter V. Robinson | |
2016 | The Founder | Ray Kroc | In naproduksie |