Mignon du Preez | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Mignon du Preez (regs) tydens die T20-vroue-wêreldbeker 2020 | ||||||
Volle naam | Mignon du Preez | |||||
Gebore | 13 Junie 1989 Pretoria, Suid-Afrika | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Rol | Kolwer, paaltjiewagter | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Enigste Toets (no 50) | 16 November 2014 v Indië | |||||
EDI debuut (no 49) | 22 Januarie 2007 v Pakistan | |||||
Laaste EDI | 19 September 2021 v Wes-Indië | |||||
EDI hempno. | 22 | |||||
T20I debuut (no 4) | 10 Augustus 2007 v Nieu-Seeland | |||||
Laaste T20I | 21 Maart 2021 v Indië | |||||
T20I hempno. | 17 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2003–tans | Noordelikes | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toetse | EDI | T20I | |||
Wedstryde | 1 | 146 | 108 | |||
Lopies aangeteken | 119 | 3599 | 1750 | |||
Kolfgemiddeld | 59.50 | 33.32 | 21.60 | |||
100s/50s | 1/0 | 2/17 | 0/7 | |||
Hoogste telling | 102 | 116* | 69 | |||
Aflewerings geboul | 6 | 29 | 18 | |||
Paaltjies | 0 | 1 | 0 | |||
Boulgemiddeld | - | 31.00 | - | |||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | - | - | - | |||
10 paaltjies in 'n wedstryd | - | n/a | n/a | |||
Beste boulontleding | – | 1/9 | - | |||
Vangskote/Stonkings | -/– | 37/– | 25/– | |||
Bron: ESPNcricinfo, 27 Maart 2022 |
Mignon du Preez (* 13 Junie 1989, Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler, wat die SA-vrouespan se kaptein was in al 3 vorme van krieket: Toets, Eendag- en Twintig20 van 2011 tot 2016. As 'n regterhandse kolwer en aflos-paaltjiewagter, het du Preez in Januarie 2007 op die ouderdom van 17 haar debuut vir die Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan gemaak.[1]
Benewens die feit dat sy die Suid-Afrikaanse speler met die meeste wedstryde as kaptein is in beide EDI[2] en Twintig20,[3] is sy ook die voorste lopiemaker vir Suid-Afrikaanse vroue in Twintig20[4] en die tweede hoogste in EDI.[5]
Op 21 Februarie 2016 het sy die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om 1 000 loopbaanlopies in T20I aan te teken, tydens 'n wedstryd teen Engeland.[6] Op 21 Junie 2016 het sy besluit om die Suid-Afrikaanse vrouekapteinskap op te sê, nadat sy die span vir byna 5 jaar (sedert 2011) gelei het in een toets, 46 eendagwedstryde en 50 T20Is.[7][8]
Sy studeer vir 'n graad in bemarking by die Universiteit van Pretoria.[9]
Suid-Afrika se nasionale vrouekrieketspan |
---|
Dane van Niekerk [EDI- en T20-kaptein] - Trisha Chetty - Moseline Daniels - Shabnim Ismail - Marizanne Kapp - Ayabonga Khaka - Masabata Klaas - Nadine de Klerk - Lizelle Lee - Suné Luus - Raisibe Ntozakhe - Mignon du Preez - Andrie Steyn - Chloe Tryon - Laura Wolvaardt |
Wysig hierdie sjabloon |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |