Misdaad in Denemarke word deur die Deense Polisie en ander agentskappe bekamp.
Denemarke het “betreklike lae geweldsmisdaadkoerse”.[1]
Die 2011-misdaadstatistiek van Kopenhagen toon ’n 26% daling van inhegtenisneming van gewelddadige aanvalle en bedreigings, sowel as ’n 22% daling in dwelmverwante arrestasies sedert 2009.[2] Die misdaadsyfers toon egter ’n 24% styging van aangemelde inbrake en huisrooftogte sedert 2009.[3]
Glostrup, ’n blouboordjie voorstad in Kopenhagen is as die gewelddadigste gebied in 2009 geïdentifiseer.[4] Die plek met die minste aangemelde geweld was Christiansø, ’n klein eilandjie noordwes van Bornholm geleë.[5]
Gedurende Mei 2011 het Denemarke die kontrole langs sy grense van Duitsland en Swede hervat, wat vroeër onder die EU se Schengensone-ooreenkoms oop was.[6][7] Die Deense regering probeer hierdeur oorgrensmisdaad, onwettige immigrasie en dwelmhandel te voorkom.[8][9]
Die hoeveelheid misdaad wat onlangs by die polisie aangemeld word is vier keer hoër as in 1950. Die gemeenskapswelsyn, leë huise gedurende die dag, veranderde versekeringvoorwaardes en die groter bereidheid om te rapporteer is van hierdie redes. Sedert die 1990's het die hoeveelheid misdaad egter afgeneem, hoofsaaklik omdat minder eiendomsmisdaad aangegee is. Ander die ander kant het die getal geweldsmisdaad toegeneem.[10]
In 2010 is altesaam 417 000 oortredings aangemeld wat gelyk staan aan 1 oortreding vir elke 10 Dene wat 15 jaar of ouer is.[11]
Die getal misdaad wissel natuurlik waar 'n mens bly, hetsy platteland of stedelike gebied. Die metropolitaanse gebied en groot stede soos Odens, Vejle en Aarhus het die hoogste hoeveelheid misdaad per capita, terwyl klein eilandjies soos Læsø en Samsø die minste deurloop.[12]
In 2010 het die getal vervalsings tot 'n slegs vyfde van dié in 1980 gedaal. Dit is grootliks te danke aan die gebruik van kredietkaarte pleks van tjeks.[13]
Jaar
|
1980 | 1990 | 1995 | 2000 | 2010 |
---|---|---|---|---|---|
Getal misdaad aangemeld
|
408 177 | 527 421 | 538 963 | 504 231 | 471 088 |
Eiendomsmisdaad
|
390 917 | 507 763 | 515 954 | 479 190 | 442 678 |
Diefstal
|
108 670 | 168 115 | 175 521 | 193 893 | 189 848 |
Roof
|
136 983 | 139 410 | 162 106 | 120 010 | 102 630 |
Inbraak
|
95 238 | 122 371 | 106 533 | 99 568 | 96 683 |
Skade met opset
|
18 841 | 37 138 | 38 771 | 39 857 | 32 446 |
Bedrog
|
8 944 | 11 156 | 9 804 | 8 040 | 9 831 |
Vervalsing
|
12 905 | 14 315 | 10 683 | 7 328 | 2 589 |
Geweldsmisdaad
|
5 719 | 10 651 | 13 357 | 15 157 | 18 131 |
Moord
|
77 | 58 | 60 | 58 | 49 |
Geslagsmisdaad
|
2 273 | 2 521 | 2 779 | 2 800 | 2 642 |
Verkragting
|
422 | 486 | 440 | 497 | 429 |
Ander misdaad
|
9 268 | 6 486 | 6 873 | 7 084 | 7 637 |