Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Misoprostol | |
---|---|
Chemie | |
Chemiese formule | C22H38O5 |
Molêre massa | 382,5 g/mol |
CAS-nommer | 59122-46-2 |
Farmakokinetika | |
Biobeskikbaarheid | Volkome geabsorbeer |
Proteïengebonde | 80-90% |
Metabolisme | Lewer |
Halfleeftyd | 20 tot 40 minute |
Uitskeiding | Uriene:80%, Fekaal:15% |
Misoprostol, wat onder die handelsnaam Cytotec en andere verkoop word, is 'n medikasie wat gebruik word om kraam te inisieer, 'n aborsie te veroorsaak, en maagsere te behandel en te voorkom, asook postpartum bloeding te behandel as gevolg van swak sametrekking van die uterus.[1]
Vir aborsies word dit dikwels saam met mifepristoon of metotreksaat gebruik.[2] Op sigself is die doeltreffendheid vir hierdie doel tussen 66% en 90%.[3] Dit word per mond geneem, of onder die tong, of in die vagina.[4] Algemene newe-effekte sluit in diarree en abdominale pyn. Dit is swangerskap kategorie X wat beteken dat dit bekend is om te lei tot negatiewe voorvalle vir die baba as dit tydens swangerskap geneem word. Baarmoederskeuring kan voorkom. Dit is 'n prostaglandien analoog, spesifiek 'n sintetiese prostaglandien E1 (PGE1).[1]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |