Mitsubishi MU-2 | |
---|---|
Tipe | Vragvliegtuig |
Vervaardiger | Mitsubishi Heavy Industries |
Nooiensvlug | 14 September 1963 |
Status | In gebruik |
Vervaardig | 1963–1986 |
Aantal gebou | 704[1] |
Die Mitsubishi MU-2 is 'n Japanese tweemotorige turboskroefaangedrewe vliegtuig met 'n hoë vlerk waarvan die kajuit se druk gereguleer word. Dit was vervaardig deur Mitsubishi Heavy Industries. Die vliegtuig het sy nooiensvlug in September 1963 voltooi en was tot 1986 geproduseer. Dit is een van Japan se na oorlogse suksesvolste vliegtuie met 704 wat vervaardig is Japan en San Angelo, Texas in die Verenigde State. Die MU-2 is Japan se eerste na-oorlogse ontwerp en die ontwerp is begin in 1956. Dit was ontwerp as ligte tweemotorige vragvliegtuig wat in beide die militêre en burgerlike marksegment gebruik kan word. Die MU-2 het sy nooiensvlug op 14 September 1963 voltooi. Die eerste MU-2 en drie MU-2As voltooi is aangedryf deur die Turbomeca Astazou turboskroef motor. [2]