Moldawiërs | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 3,4 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | ![]()
|
Taal: | Moldawies/Roemeens |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk (Roemeens-Ortodokse Kerk of Russies-Ortodokse Kerk) |
Verwante etniese groepe: | Ander Romaanse volke soos Franse, Italianers, Katalane, Portugese, Roemene en Spanjaarde |
Die Moldawiërs of Moldowiërs (Moldawies/Roemeens: moldoveni [moldoˈvenʲ]) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Moldowa en aangrensende lande, wat Moldawies of Roemeens, 'n Romaanse taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Moldowa en maak volgens die laaste sensus van 2014 omtrent 56,8% van dié land se bevolking uit.
Wêreldwyd leef omtrent 3,4 miljoen Moldawiërs, waarvan sowat 2,7 miljoen in Moldowa. Daarbenewens vorm Moldawiërs belangrike minderhede in Oekraïne met 258 619[2] en in Rusland met 258 619.[3] Naas Moldawiërs vorm Roemene die grootste etniese minderheid in Moldowa met 675 881 (23,2%), gevolg deur Oekraïners met 221 409 (7,6%), Russe met 159 065 (5,4%), Gagaoesiërs in Gagaoesië met 147 500 (3,9%) en Bulgare met 47 778 (1,7%).
Die term Moldawiërs verwys soms na die hele bevolking van Moldowa of – ongeag van hul etniese identiteit – na dié van die gebied van die voormalige Prinsdom van Moldawië wat tussen Roemenië (47,5%), Moldowa (30,5%) en Oekraïne (22%) opgedeel is.
Moldawiërs word soms as 'n subgroep van die Roemene en soms as 'n eie etniese groep langs ander Romaanse volke soos Franse, Italianers, Katalane, Portugese en Spanjaarde beskou. Hierdie definise hang af van die klassifikasie van hul moedertaal as 'n Roemeense dialek of as 'n selfstandige taal.