Algemeen | |
---|---|
Naam | Molibdeensuur |
Chemiese formule | H2MoO4 |
Molêre massa | 161,96 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7782-91-4[1] |
Voorkoms | H2MoO4 wit[2], H2SO4·H2 geel vastestof [1] |
Reuk | reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=738,3pm; b=370,0pm; c=667,3pm; α=107,8°, β= 113,6°, γ= 91,2°[2] |
Ruimtegroep | P1 |
Nommer | 1 |
Smeltpunt | |
Kookpunt | |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | Bietjie oplosbaar in koue water, meer oplosbaar in warm water[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Molibdeensuur is 'n verbinding van molibdeen in sy hoogste 6+ oksidasietoestand met formule H2MoO4
Die suiwer stof is 'n vastestof, wat ook as hidraat H2MoO4·H2O bekend is. Sy anhidried is molibdeen(VI)oksied. Molibdeensuur en sy monohidraat kan ook as hidrate van molibdeen(VI)oksied beskou word: MoO3·H2O en MoO3·2H2O. Sy soute soos natriummolibdaat heet molibdate.
Maar die chemie van molibdeen in waterige oplossings, veral by verhoogde temperature en druk, was in 2010 nog taamlik swak bekend. Die waterige geochemie van molibdeen is nogtans ook by kamertemperatuur van geologiese belang gegewe die gebruik van molibdeen-isotope en hul fraksionering in die afbakening/opsporing van redokstoestande in omgewings van die paleo-Aarde se oppervlak.[3]
H2MoO4 kristalliseer in 'n trikliniese struktuur. Dit is opgebou uit geïsoleerde dubbele kettings van sterk verwronge [MoO5(H2O)]-oktaëders wat twee gemeenskaplike rande met mekaar deel.[2]
Die hidraat H2MoO4·H2O (oftewel MoO3·2H2O) kristalliseer in 'n monokliniese struktuur (P21/n met Z=16 en selkonstantes a=1047,6(5)pm; b=1382,2(6)pm; c=1060,6(5)pm en β 92,62 °. Die molibdeenatome word deur sterk verwronge oktaëders van vyf oksiedsuurstofatome en een watermolekule omring. Die ander watermolekule is los van die molbdeenatoom en net met waterstofbindings verbind, wat die beskrywing as 'n monohidraat H2MoO4·H2O bevestig. Die oktaëders deel hoekpunte en vorm lae ewewydig aan die b-as (010). Die hidraatwatermolekule word tussen hierdie lae aangetref.[4]
In water is dit 'n taamlik swak diprotiese suur:[3]
Teen 100 °C word die eerste ionisasie sterker (pKa1= 2,27), maar die tweede swakker (pKa2= 4,99)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link) AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)