Monasiet | |
---|---|
Formule | Ln(PO4) Ln=Ce,La, Nd, Sm, Gd |
Onsuiwerhede | Th, U |
Nickel-Strunz (10) | 8.AD.50 |
Kleur | gewoonlik rooierig bruin tot bruin[1] |
Streep | wit, effens gekleur |
Glans | glasagtig, harsagtig, vetterig |
Hardheid | 5- 5,5 (Mohs) |
Digtheid | 5- 5,5 g/cm3 |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | tweeassig (+) |
RI-waardes | nα = 1.770 - 1.593; nβ = 1.778 -1.800; nγ = 1.823 - 1.860 |
Kristallografie | |
Kristalsisteem | monoklinies |
Ruimtegroep | P21/n |
Nommer | 14 |
Eenheidsel | a = 679,0; b=702,1; c=646,7 pm; β=103,38° |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Monasiet is 'n groep minerale met algemene chemiese samestelling Ln(PO4) Ln=Ce,La, Nd, Sm, Gd en dieselfde kristalstruktuur. Wat amptelik as minerale erken word is:
Hierdie minerale is almal seldsaam, behalwe Monasiet-Ce. Wat aangetref word is gewoonlik mengkristalle wat dikwels ook torium en uraan bevat wat die mineraal effens radioaktief maak.
Monasiet is 'n belangrike bron van lantaniedmetale.
Monasiet is die argetipe van 'n monokliniese kristalstruktuur. Die [001]-rigting bestaan uit kettings van afwisselende LnO9-poliëders en fosfaat-tetraëders. Die struktuur is verwant aan die xenotiemstruktuur (sirkoon), maar dié struktuur se poliëders is LnO8 met agtvoudige koördinasie rondom 'n kleiner Ln-ioon.[2]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)