Mongameli Bobani | |
Ampstermyn 27 Augustus 2018 – 5 Desember 2019 | |
Vise | Thsonono Buyeye |
---|---|
Voorafgegaan deur | Athol Trollip |
Opgevolg deur | Thsonono Buyeye (waarnemend) |
Adjunkburgemeester van die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit
| |
Ampstermyn 18 Augustus 2016 – 24 Augustus 2017 | |
Voorafgegaan deur | Bicks Ndoni |
Opgevolg deur | Thsonono Buyeye (2018) |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 12 Julie 1968 |
Sterf | 11 November 2020 (op 52) |
Politieke party | United Democratic Movement |
Kind(ers) | 5 |
Mongameli Bobani (12 Julie 1968 – 11 November 2020) was 'n Suid-Afrikaanse politikus van die United Democratic Movement.
Bobani was van 27 Augustus 2018 tot 5 Desember 2019 die burgemeester van Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Hy volg Athol Trollip van die Demokratiese Alliansie in hierdie amp op, nadat Trollip deur 'n mosie van wantroue uit die pos verwyder is.[1] Bobani word op 5 Desember 2019 sélf deur middel van 'n mosie van wantroue uit sy amp verwyder.[2]
Bobani sterf op 11 November 2020 nadat hy vir drie weke in die hospitaal opgeneem was weens die koronaviruspandemie.[3]