'n Monoklien (of, selde 'n monoform) is 'n trapsgewyse plooi (Engels: fold) in rotslae wat bestaan uit 'n sone met 'n steiler helling in 'n andersins horisontale of sub-horisontale opeenvolging.
Monokliene kan op verskeie maniere gevorm word (sien diagram).
Deur differensiële kompaksie oor 'n onderliggende struktuur, veral 'n groot verskuiwing aan die rand van 'n kom. As gevolg van die groter kompakteerbaarheid van die vulmateriaal van die kom, sal die amplitude van die vou geleidelik opwaarts doodloop.[1]
Deur beperkte reaktivering van 'n vroeëre strekkingsverskuiwing tydens 'n fase van omkering (teenoorgestelde beweging) wat plooiing in die oorliggende opeenvolging veroorsaak.[2]
As 'n vorm van verskuiwingsvoortsetting tydens opwaartse voortsetting van 'n strekkingsverskuiwing vanaf die onderste deel van die kom, na die dekkingsopeenvolging.[3]
As 'n vorm van verskuiwings-voortsettingplooi tydens opwaartse voortsetting van 'n omgekeerde verskuiwing in die bodemrots na 'n oorliggende dekkingsopeenvolging.[4]