| |||||
Volkslied: Ој, свијетла мајска зоро (tr.: Oj, svijetla majska zoro) (Montenegryns vir: "O, jy helder dagbreek in Mei") | |||||
Hoofstad | Podgoricaa | ||||
Grootste stad | Podgorica | ||||
Amptelike tale | Montenegryns (nasionaal en amptelik)[1] Serwies, Bosnies, Albanees en Kroaties (in amptelike gebruik)[2] | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Jakov Milatović Milojko Spajić | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Prinsdom Duklja • Koninkryk Duklja • Prinsdom Zeta • Prinsbisdom Montenegro • Prinsdom verkondig • Onafhanklikheid erken • Koninkryk verkondig • Vereniging met Serwië • Sosialistiese republiek • Staatsunie met Serwië • Onafhanklikheid herstel |
625 1077 1356 1516 1852 1878 1910 1918 1945 1992 2006 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
13 812 km2 (156ste) 5 333 myl2 2,6 | ||||
Bevolking - 2023-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
602 445[3] (169ste) 620 029[4] 43,6 / km2 (133ste) 112,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,832[6] (49ste) – hoog | ||||
Gini (2018) | 36,8[7](136ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Euro (€)b (EUR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+1) MEST (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .me | ||||
Skakelkode | +382 | ||||
a. Die grondwet verwys na Cetinje as die ou koninklike hoofstad (Prijestonica / Приjестоница) van Montenegro.[8] b. Eensydig aangeneem; Montenegro is nie 'n amptelike lid van die Eurosone nie. |
Montenegro (Montenegryns, Bosnies, Serwies, Kroaties: Crna Gora / Црна Гора, uitgespreek: [t͡sr̩̂ːnaː ɡɔ̌ra], , letterlik: "Swart Berg"; Albanees: Mali i Zi) is 'n land geleë in Suidoos-Europa en op die Balkanskiereiland. Dit het 'n kus aan die Adriatiese See in die suide en begrens Kroasië in die weste, Bosnië en Herzegowina in die noordweste, Serwië in die noordooste en Albanië in die suidooste. Die hoofstad en grootste is Podgorica en Cetinje word in die grondwet as ou koninklike hoofstad (Prijestonica / Приjестоница) erken. Dit is 'n voormalige deelrepubliek van Joego-Slawië.
Nadat dit van die laat Middeleeue tot 1918 onafhanklik was, word die land later deel van die verskeie weergawes van Joego-Slawië en die staat-unie van Serwië en Montenegro. Op grond van die uitslag van 'n referendum gehou op 21 Mei 2006 verklaar Montenegro op 3 Junie 2006 sy onafhanklikheid. Op 28 Junie 2006 word Montenegro die 192ste lidland van die Verenigde Nasies.[9] Op 5 Junie 2017 het Montenegro die 29ste lidland van NAVO geword.[10] Montenegro is een van die Balkan-kandidaatlande vir aansluiting by die Europese Unie.[11]
Montenegro se plaaslike naam, Crna Gora, is vir die eerste keer genoem in 'n oktrooi van die Sint Nicholaas-klooster (Vranjina) wat deur die Serwiese koning Milutin in 1296 uitgevaardig is en letterlik vertaal kan word in "swart berg", 'n verwysing na die donker woude wat eens op 'n tyd die hange van die Dinariese Alpe bedek het soos van die kus af gesien.[12] Die land se naam in die meeste Wes-Europese tale dui op die aanneming van die Venesiaanse term vec|monte negro, wat ook "swart berg" beteken, wat waarskynlik terug dateer tot die era van die Venesiaanse heerskappy oor die gebied in die Middeleeue. Ander tale, veral die wat nabygeleë is, gebruik hulle eie direkte vertaling van die term, byvoorbeeld Albanees: Mali i Zi, Bulgaars: Черна гора; Roemeens: Muntenegru, Grieks: Μαυροβούνιο en Turks: Karadağ; "swart berge" van verder weg sluit in Russies: Черногория en Chinees: 黑山 (pinyin: "hēishān"[13]).
The official language in Montenegro shall be Montenegrin. Cyrillic and Latin alphabet shall be equal.
Serbian, Bosnian, Albanian and Croatian shall also be in the official use.
The capital of Montenegro shall be Podgorica, The Old Royal Capital of Montenegro shall be Cetinje.