Die Montenegryne (Montenegryns: Црногорци / Crnogorci, [tsr̩nǒɡoːrtsi] of [tsr̩noɡǒːrtsi]) is 'n Slawiesenasie en etniese groep inheems aan Montenegro en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Montenegryns, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Montenegro en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 45% van dié land se bevolking uit.
Taalkundige struktuur van Montenegro volgens nedersettings in 2011, rooi is Montenegryns en blou SerwiesTaalkundige struktuur van Montenegro volgens nedersettings in 2003, rooi is Montenegryns en blou Serwies
Wêreldwyd leef daar sowat 500 000 Montenegryne, waarvan 278 865 in Montenegro. Daarbenewens vorm Montenegryne belangrike minderhede in Serwië, Bosnië en Herzegowina, Kroasië, Noord-Masedonië, Slowenië en Albanië. Naas Montenegryne vorm Serwiërs die grootste etniese minderheid in Montenegro met 178 110 (28,7%).