Die Mount Rushmore monument is vier beelde van die gesigte van presidente George Washington, Thomas Jefferson, Theodore Roosevelt en Abraham Lincoln wat in die Harneyberg in die Black Hills uitgekerf is. Die Harneyberg is in 'n reservaat in die Black Hills District in die deelstaat Suid-Dakota.
Magtiging is in 1925 deur die Amerikaanse Kongres verleen om die monument te bou. Die werk is uitgevoer onder die toesig van Gutzon Borglum en daar is in 1927 met die projek begin. Borglum het ook die monument ontwerp. Die vier beelde, elk 18 meter groot, is tussen 1934 en 1939 onthul. Die beelde is uit die granietrots gekerf met lugdrukbore. Die werk is gestaak toe Borglum in 1941 oorlede is.
43°52′44.324″N 103°27′35.384″W / 43.87897889°N 103.45982889°W