Mourne Mountains Na Beanna Boirche | |
---|---|
Ligging | Noord-Ierland, Verenigde Koninkryk |
Hoogte | 850 meter bo seevlak |
Koördinate | 54°10′N 06°05′W / 54.167°N 6.083°W |
Die Mourne Mountains [ˈmɔərn], ook die Mournes of Mountains of Mourne genoem, is 'n graniet-bergreeks in die graafskap Down in die suidooste van Noord-Ierland, 31 myl (50 km) suid van Belfast en 62 myl (100 km) noord van Dublin. Dit bevat die hoogste pieke in Noord-Ierland en die historiese Ierse provinsie Ulster. Die hoogste piek is Slieve Donard (850 m bo seevlak).
Die Mournes word as 'n landskap van buitengewone natuurlike skoonheid beskou, en daar is voorgestel om 'n nasionale park in die gebied te skep wat tans gedeeltelik in besit van die National Trust is en jaarliks 'n groot getal besoekers lok. Die bergreeks word deur deur 'n uitgebreide netwerk van paaie en staproetes deurkruis.[1]
Die naam Mourne (wat vroeër Morne gespel is) is van 'n Gaeliese clan afgelei, die Múghdhorna.[2] Die bergreeks het wyer bekendheid verwerf danksy 'n liedjie, The Mountains of Mourne, wat deur die Ierse kunstenaars en komponiste William Percy French en Houston Collisson in 1896 geskryf is.[3]