Multituberkulate | |
---|---|
Sunnyodon notleyi, 'n multituberkulaat uit die vroeë kryt. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | Multituberculata † Cope, 1884
|
Die multituberkulate is 'n uitgestorwe groep soogdiere wat baie lank bestaan het.
Fossiele van hierdie groep word gevind uit 'n tydperk wat 100 miljoen jaar geduur het, langer as die van enige ander groep soogdiere. Hulle het 'n bietjie soos die knaagdiere van vandag gelyk, maar was hoegenaamd nie aan hulle verwant nie. Daar is vorme wat soos eekhorings of muise gelyk het, maar daar was ook vorme wat soos bewers gelyk het. Hulle verskyn in die laat jura en hulle het uitgesterf in die vroeë oligoseen toe die ware knaagdiere verskyn het.[1] Dit beteken dat hulle een van die groepe is wat die Kryt-Paleogeen-uitwissing oorleef het.
In teenstelling tot die ware knaagdiere was hulle nie Theria nie. (wat amper alle soogdiere van vandag insluit). Hul bekken was taamlik nou. Dit beteken dalk dat hulle eiers gelê het soos die eendbekdier of baie klein onvolgroeide babatjies gekry het soos die Kangaroe vandag. Die ware knaagdiere het wat betref hul voortplanting 'n groot voordeel geniet. Die naam Multituberculata verwys na hulle gebit. Hulle kiestande het baie klein knoppies gehad, wat tubercula heet in Latyn.[1]