Murrayrivier | |
---|---|
Die Murrayrivier naby die Murraybrug, Suid-Australië. | |
Die stroomgebied van die Murrayrivier. | |
Oorsprong | Australiese Alpe, Nieu-Suid-Wallis, Victoria, Australië Groot Skeidingsgebergte |
Monding | oos van Adelaide, Suid-Australië Suidelike Oseaan |
Stroomgebied | Nieu-Suid-Wallis, Victoria, Suid-Australië (Australië) |
Lengte | 2 508 km (1 558 myl) |
Oorspronghoogte | 902 m (2 959 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 767 m³/s (27 086 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 1 061 469 km² (409 835 myl²) |
Die Murrayrivier (Engels: Murray River, in Suid-Australië River Murray) is met 'n lengte van 2 508 km Australië se grootste rivier.[1] Dit is 'n wes-vloeiende rivier en loop deur die drie Australiese deelstate Nieu-Suid-Wallis, Victoria en Suid-Australië.
Die Murrayrivier ontspring in die Australiese Alpe van die Groot Skeidingsgebergte. Aansluitend vorm die rivier in sy grootste geheel die grens tussen Victoria in die suide en Nieu-Suid-Wallis in die noorde en mond net oos van Adelaide in die Indiese Oseaan, op Australiese kaarte dikwels Suidelike Oseaan genoem, uit.[2]
Sytakke van die rivier is die Murrumbidgee en die Darlingrivier.