My Octopus Teacher

My Octopus Teacher
Regisseur Pippa Ehrlich
James Reed
Produksieleier Craig Foster
Draaiboek Pippa Ehrlich
James Reed
Met Craig Foster, as homself
Tom Foster, as homself
Seekat (Rosetta), as haarself
Streephaai, as ditself
Musiek deur Kevin Smuts
Kinematografie Roger Horrocks
Redigeerder Pippa Ehrlich
Dan Schwalm
Ateljee Off The Fence
The Sea Change Project
Verspreider Netflix
Uitgereik 4 September 2020 (Millennium Docs Against Gravity)[1] 7 September 2020 (Netflix)
Speeltyd 85 minute
Land Suid-Afrika
Taal Engels

My Octopus Teacher (Afrikaans: My Seekat Onderwyser) is 'n Netflix-oorspronklike dokumentêre film van 2020 wat geregisseur is deur Pippa Ehrlich en James Reed. Die film volg die filmmaker Craig Foster se jaarlange verhouding met 'n wilde seekat in 'n Suid-Afrikaanse kelpwoud. Tydens die 93ste Oscar-toekenningsaand het dit die toekenning gewen vir die beste dokumentêre film.[2]

Opsomming

[wysig | wysig bron]

Die film wys hoe Foster in 2010 begin vryduik het in 'n koue kelpbos op 'n afgeleë plek in Valsbaai, naby Kaapstad, Suid-Afrika.[3][4] Die ligging was naby Simonstad op die Kaapse Skiereiland,[5] wat blootgestel is aan die koue Benguela-stroom van die Atlantiese Oseaan.[6]

Hy het sy ervarings begin dokumenteer en mettertyd 'n nuuskierige jong seekat ontmoet wat sy aandag getrek het. Hy het besluit om voort te gaan met besoeke aan die seekat en haar bewegings 'n jaar lank elke dag dop te hou om die dier se vertroue te wen. Hulle het 'n noue band gevorm waartydens sy met Foster gespeel het en hom in haar wêreld toegelaat het om te sien hoe sy slaap, leef en eet. In die film beskryf Foster die impak van sy verhouding met die seekat op sy lewe.

Die film toon Foster se groeiende intieme verhouding met die seekat terwyl hy haar byna 'n jaar lank volg. Sy moes haar onder andere teen streephaaie verdedig. In een aanval het die seekat 'n arm verloor en teruggetrek na haar kuil om te herstel terwyl die arm drie maande geneem het om terug te groei. In 'n latere haai-aanval het die seekat 'n ongelooflike verbeterde kreatiwiteit getoon om te oorleef, insluitend om op die haai se rug stelling in te neem. Later, nadat sy met 'n groter seekat gepaar en 'n groot aantal eiers geproduseer het, het sy 'n natuurlike dood gesterf terwyl sy na haar eiers omgesien het, waarna 'n haai haar liggaam weggeneem het.

Foster beskryf die effek van hierdie mentorskap-tipe verhouding wat die seekat met hom gehad het, en wat hom 'n les oor die broosheid van die lewe en die mensdom se verbintenis met die natuur geleer het.[7] Sodoende het Foster 'n dieper band met sy seun, 'n ontluikende duiker en marienelewestudent, gesmee.

Rolverdeling

[wysig | wysig bron]
  • Craig Foster, as homself
  • Tom Foster, Craig se seun, as homself
  • Seekat (Rosetta), as haarself
  • Streephaai, as ditself

Produksie

[wysig | wysig bron]

In samewerking met Sea Change Project, Off The Fence en ZDF Enterprises, was My Octopus Teacher, uitvoerend vervaardig deur Ellen Windemuth. Dit is geregisseur deur Pippa Ehrlich en James Reed. Die onderwater kinematografie was geregisseur deur Roger Horrocks, met onderwaterkamera opnames van Craig Foster en Roger Horrocks.[8][9][10]'n Kleiner hoeveelheid onderwatermateriaal, wat nie in die film vertoon word nie, maar op dieselfde plek deur dieselfde paar verfilm is, is reeds op Blue Planet II, aflewering 5, vertoon.[11]

Foster was ook 'n vervaardiger deur sy betrokkenheid by die Sea Change Project,[12] en sy vrou, die Indiese omgewingsjoernalis Swati Thiyagarajan, was produksiebestuurder vir die film.[13]

Foster het in 2010 begin verfilm; die film het tien jaar geneem om te vervaardig en was die eerste Suid-Afrikaanse natuurdokumentêr wat as 'n Netflix Original uitgesaai is.[14]

Vrystelling

[wysig | wysig bron]

My Octopus Teacher is op 7 September 2020 op Netflix vrygestel.[15]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "My Octopus Teacher". Millennium Docs Against Gravity. Besoek op 12 September 2020.
  2. 2021|Oscars.org
  3. InterNewsCast (19 September 2020). "Where was 'My Octopus Teacher' on Netflix Filmed?". Internewscast. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2020. Besoek op 19 Oktober 2020.
  4. "The (K)helpful forests of South Africa". CapeNature (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2021. Besoek op 19 November 2020.
  5. Allie, Mohammed (4 November 2018). "'How I became friends with an octopus'". BBC News. Besoek op 17 Oktober 2020.
  6. "Cape Point And The Waters Of False Bay..." Simonstown.com. Besoek op 19 Oktober 2020.
  7. "'My Octopus Teacher' Stuns Audiences, Reinforces Power of Nature". EcoWatch (in Engels). 24 September 2020. Besoek op 19 November 2020.
  8. Craig Foster. "Getting to Know an Octopus". BBC. Besoek op 17 Oktober 2020.
  9. Katy Scott (21 September 2020). "The incredible tale of a South African diver who formed an unlikely bond with an octopus". CNN. Besoek op 21 September 2020.
  10. "My Octopus Teacher (2020)". IMDB. Besoek op 21 September 2020.
  11. Kathryn Jeffs. "Filming the octopus Houdini in South Africa". BBC. Besoek op 26 Januarie 2021.
  12. "Projects". Sea Change Project. Besoek op 19 Oktober 2020.
  13. "SA filmmaker's documentary captivates the world". Algoa FM (in Engels). 22 September 2020. Besoek op 26 Desember 2020.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  14. "'Octopus Teacher' Lets Filmmaker Into Secret World". Voice of America – English (in Engels). Besoek op 17 Oktober 2020.
  15. "Tentacles of love: My octopus teacher, a story of an astonishing friendship". Daily Maverick. Besoek op 7 September 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]