Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
NGC 17 | ||||
’n Hubble-foto van NGC 17. | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Walvis | |||
Tipe | Sc[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 00h 11m 06.5s[1] | |||
Deklinasie | -12° 06′ 26″[1] | |||
Skynmagnitude | 15,3[1] | |||
Besonderhede | ||||
Skynbare grootte | 2′,2 × 0′,8[1] | |||
Rooiverskuiwing | 0,019617[1] | |||
Ander name | NGC 34, PGC 781 | |||
|
NGC 17 is ’n spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Walvis. Dit het ontstaan uit die samesmelting van twee staafstelsels, wat ’n onlangse steruitbarsting in die sentrale dele laat ontstaan het. Stervorming vind steeds plaas. Die sterrestelsel is steeds gasryk en het ’n enkele kern. Dit is sowat 250 miljoen ligjare van die Aarde af.
Die stelsel is in 1886 deur die sterrekundige Frank Muller ontdek en op 21 November 1886 deur Lewis Swift waargeneem. Omdat nie besef is dit is dieselfde voorwerp nie, het dit twee inskrywings in die New General Catalogue gekry: NGC 17 en NGC 34.