Nakajima Ki-44 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Nakajima Aircraft Company |
Ontwerp deur | Yasushi Koyama |
Nooiensvlug | Augustus 1940 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Japannese Leër Lugmag |
Vervaardig | 1940–1944 |
Aantal gebou | 1,225 |
Die Nakajima Ki-44 Shoki was 'n Japannese enkelsitplek, enkelmotorige vegvliegtuig wat gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit is ontwerp as 'n onderskeppingsvliegtuig; dus was hoë topsnelheid en klimvermoë 'n vereiste.
Die prototipe het sy nooiensvlug voltooi in Augustus 1940 en is teen 'n ingevoerde Messerschmitt Bf 109 getoets. Die Nakajima het beter vertoon tydens die toets. Produksie van die vliegtuig het eers in die middel van 1942 begin en daar was in totaal 1,225 vliegtuie gebou. Die meeste van die vliegtuie was gebruik om die tuiseilande van Japan te verdedig. Op 19 Februarie 1945 het 'n aantal Nakajima Ki-44's 'n mag van 120 Boeing B-29 Superfortress's aangeval en tien vernietig. Die Geallieerses het die vliegtuig die Tojo genoem.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Nakajima Ha-109 stermotor |
Kraglewering per motor | 1 520 perdekrag |
Vlerkspan | 9,45 m |
Lengte | 8,8 m |
Hoogte | 3,25 m |
Vlerkoppervlakte | 15,0 m2 |
Normale opstygmassa | 2 995 kg |
Maksimum snelheid | 605 km/h |
Operasionele hoogte | 11 200 m |
Togafstand | 1 700 km |
Klimvermoë | 1 200 m per minuut |
Bewapening | Vier 12 ,7mm masjiengewere |