Nangolo Mbumba | |
Mbumba in 2023 | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 4 Februarie 2024 | |
Vise | Netumbo Nandi-Ndaitwah (2024–hede) |
---|---|
Eerste minister | Saara Kuugongelwa |
Voorafgegaan deur | Hage Geingob |
Ampstermyn 12 Februarie 2018 – 4 Februarie 2024 | |
President | Hage Geingob |
Voorafgegaan deur | Nickey Iyambo |
Opgevolg deur | Netumbo Nandi-Ndaitwah |
Kanselier van die Universiteit van Namibië[1]
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 28 Februarie 2018 | |
President | Hage Geingob |
Voorafgegaan deur | Hifikepunye Pohamba |
Sekretaris-generaal van SWAPO
| |
Ampstermyn Desember 2012 – November 2017 | |
President | Hifikepunye Pohamba Hage Geingob |
Voorafgegaan deur | Pendukeni Iivula-Ithana |
Opgevolg deur | Sophia Shaningwa |
Minister van Veiligheid en Sekuriteit
| |
Ampstermyn 2010 – 4 Desember 2012 | |
President | Hifikepunye Pohamba |
Voorafgegaan deur | Nickey Iyambo |
Opgevolg deur | Immanuel Ngatjizeko |
Minister van Onderwys
| |
Ampstermyn 2005 – 2010 | |
President | Hifikepunye Pohamba |
Voorafgegaan deur | Nahas Angula |
Opgevolg deur | Abraham Iyambo |
Minister van Inligting en Uitsaaiwese
| |
Ampstermyn 2003 – 2005 | |
President | Sam Nujoma |
Voorafgegaan deur | Theo-Ben Gurirab |
Opgevolg deur | Netumbo Nandi-Ndaitwah |
Minister van Finansies
| |
Ampstermyn 1996 – 2003 | |
President | Sam Nujoma |
Voorafgegaan deur | Helmut Angula |
Opgevolg deur | Saara Kuugongelwa |
Minister van Landbou, Water en Landelike Ontwikkeling
| |
Ampstermyn 1993 – 1996 | |
President | Sam Nujoma |
Voorafgegaan deur | Anton von Wietersheim |
Opgevolg deur | Helmut Angula |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 15 Augustus 1951 Olukonda, Suidwes-Afrika (nou Namibië) |
Politieke party | SWAPO |
Alma mater | Suid-Connecticut Staatsuniversiteit Universiteit van Connecticut |
Nangolo Mbumba (gebore op 15 Augustus 1941) is 'n Namibiese politikus wat sedert 4 Februarie 2024 as vierde president van Namibië dien. Hy het president geword ná die dood van Hage Geingob, onder wie hy van Februarie 2018 tot Februarie 2024 as die tweede adjunkpresident van Namibië gedien het.[2]
Mbumba, 'n lid van die regerende SWAPO-party, het al aan die hoof van verskeie Namibiese ministeries gestaan: Landbou, Water en Landelike Ontwikkeling (1993–1996), Finansies (1996–2003), Inligting en Uitsaaiwese (2003–2005) Onderwys (2005–2010), en Veiligheid en Sekuriteit (2010–2012). In 2012 is hy verkies tot sekretaris-generaal van SWAPO. Hy het tot 2017 dié amp beklee.
Mbumba is op 15 Augustus 1941 in Olukonda, Oshikoto-streek van Suidwes-Afrika gebore.[3] Hy het in 1971 aan die Suid-Connecticut Staatsuniversiteit in die Verenigde State gegradueer met 'n BSc. In 1973 het hy 'n meestersgraad in biologie van die Universiteit van Connecticut ontvang.[4]
Nadat hy aan die Universiteit in Connecticut gegradueer het, het Mbumba by Harlem Preparatory School in New York begin skoolhou. Nadat hy New York in 1978 verlaat het, het hy na Afrika teruggekeer en as Hoof van die Wetenskapdepartement by die Namibië Onderwyssentrum in Cuanza Sul, Angola, begin werk. In 1980 is hy bevorder tot hoof van die Sentrum. Hy het tot 1985 as hoof van die sentrum gedien.
Mbumba is in 1985 as SWAPO se adjunksekretaris vir onderwys en kultuur aangewys. Mbumba het daardie amp in 1987 verlaat en toe as die persoonlike sekretaris van SWAPO-president Sam Nujoma begin werk. Mbumba het voortgegaan om in interpartyposisies te dien, onder meer as mede-administrateur van Walvisbaai tydens die stad se oorhandiging aan Namibië in 1994, en het geleidelik in die geledere van die party gevorder. Sedert 1993 dien hy as 'n lid van die Nasionale Vergadering van Namibië. Mbumba is in 1993 in die amp van Minister van Landbou, Water en Landelike Ontwikkeling aangewys.[5] In 1996 is hy tot Minister van Finansies bevorder. Hy het daarna tussen 2003 en 2005 as die Minister van Inligting en Uitsaaiwese gedien waarna hy as die Minister van Onderwys aangestel is. Hy het daardie amp tot en met sy aanstelling as Minister van Veiligheid en Sekuriteit in 2010 beklee.
In 2012 is Mbumba tot sekretaris-generaal van SWAPO verkies. Dié amp is derde hoogste seniorpos in die party se leierskap. Hy het die verkiesing met 352 stemme teen Utoni Nujoma se 244 stemme gewen. Hy het voor die partykongres belowe dat hy as 'n minister sou bedank indien hy tot SWAPO sekretaris-generaal verkies is.[6] Hy is op 4 Desember 2012 deur Immanuel Ngatjizeko as minister van Veiligheid en Sekuriteit opgevolg.[7]
Toe Nickey Iyambo, Namibië se eerste adjunkpresident, weens swak gesondheid uit die pos onthef is, het president Hage Geingob vir Mbumba as sy opvolger aangewys.[8] Mbumba is bekend vir sy skerp tong.[9][10]
Na Geingob se herverkiesing in die 2019-presidentsverkiesing het hy sy nuwe kabinet na sy tweede inhuldigingseremonie in Maart 2020 aangewys. Mbumba het as adjunkpresident aangebly.[11]
In April 2023 is daar berig dat Mbumba van plan was om as adjunkpresident te bedank en van die politiek af te tree. Die presidentskantoor het die berigte sterk ontken en gesê dat dit "vreemd" is dat hy sy aftreeplanne op 'n openbare vergadering sou bekend maak.[12]
Op 24 Januarie 2024 is Mbumba as die waarnemende President van Namibië aangestel nadat president Hage Geingob aangekondig het dat hy na die Verenigde State sou reis vir kankerbehandeling.[13] Geingob is op 4 Februarie 2024 in 'n hospitaal in Windhoek oorlede. Mbumba is daarna deur Hoofregter Peter Shivute as die vierde president van Namibië ingehuldig. Hy het SWAPO se presidentskandidaat vir die 2024-verkiesings Netumbo Nandi-Ndaitwah as sy adjunkpresident aangestel.[14] Mbumba het belowe om Geingob se termyn, wat op 21 Maart 2025 sou eindig, te voltooi en om nie in die 2024-verkiesing te staan nie.[15]
Voorafgegaan deur Hage Geingob |
President van Namibië 2024–hede |
Opgevolg deur Ampsbekleër |
Voorafgegaan deur Nickey Iyambo |
Adjunkpresident van Namibië 2018–2024 |
Opgevolg deur Netumbo Nandi-Ndaitwah |
Presidente van Namibië | ||
1990– | Sam Nujoma | Hifikepunye Pohamba | Hage Geingob | Nangolo Mbumba |