Naomi Campbell | |
Geboorte | 22 Mei 1970 Streatham, Londen |
---|---|
Nasionaliteit | Brits |
Beroep(e) | Akteur, supermodel |
Webwerf | naomicampbell.com |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Naomi Elaine Campbell (Streatham, Londen, 22 Mei 1970) is 'n swart Britse supermodel en aktrise van Jamaikaanse afkoms. Campbell begin haar loopbaan in 1980's en het op meer as 500 tydskrifte se voorblaaie verskyn. Sy was onder andere die eerste swart vrou wat op die voorblad van die modetydskrif Vogue verskyn het. Sy doen ook liefdadigheidswerk, onder meer vir Unesco.[1]
Campbell het opspraak gemaak omdat sy in 1997 in Suid-Afrika diamante van twyfelagtige herkoms van die Liberiese diktator Charles Taylor ontvang het. Sy het op 5 Augustus 2010 in die Sierra Leone Hof in Den Haag hieroor getuig. Sy het verklaar dat sy nie van die herkoms van die diamante geweet het nie.[2]